Logo

Die perfekte brief – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
24 Oktober 2019
Hier is ’n paar wenke om die perfekte liefdesbrief te skryf!
Artikel _ Die perfekte brief

Die bekende gesegde lui dat die pad na ’n man se hart deur sy maag loop, maar die boere van Boer soek ’n vrou se 12de seisoen het bewys dat die pad na hulle hart ook deur ’n brief loop.

Die volgende vraag is dan uiteraard: ‘Waaruit moet ’n brief bestaan om jou gekose boer (óf persoon) se oog te vang?’

Waaruit moet die perfekte bief bestaan vir die boere? 

Gelukkig het ons ’n paar wenke om die perfekte brief te skryf om iemand se hart so effens vinniger te laat klop.

  • Moet nie vir een oomblik dink dat dit oudmodies is om ’n handgeskrewe brief vir iemand anders te stuur nie. Dit is juis wat die brief so spesiaal maak – die wete dat iemand die moeite geneem het om te gaan sit en alles neer te skryf oor hoekom jy spesiale gevoelens vir iemand koester.
  • Die perfekte brief hoef nie te romanties te wees nie. Dit is belangriker dat die persoon jou stem ‘hoor’ wanneer hulle dit lees as woorde wat hulle weet jy nooit sou sê nie.
  • Gebruik ‘die verlede, die hede en die toekoms’ as die riglyn vir ’n goeie brief. Byvoorbeeld: skryf iets oor hoe jy die persoon ontmoet het of die presiese oomblik toe jy besef het dat jy verlief was. Daarna skryf jy oor hoekom jy steeds lief is vir die persoon en hoekom hulle steeds vir jou spesiaal is, voordat jy die brief afsluit met jou wens vir wat die toekoms vir julle, as paartjie, inhou.
  • As jy nie noodwendig geseën is met die gebruik van woorde nie, kan jy aanhalings uit gedigte, boeke en selfs julle gunsteling televisie-program of film gebruik om jou liefde oor te dra.
  • Die perfekte liefdesbrief hoef ook nie noodwendig lank te wees nie. Jou intensie is soveel belangriker as die lengte van die brief. Die gebaar sal steeds waardeer word – al is dit net 3 sinne lank!
  • Proeflees! Proeflees! Proeflees! Die perfekte pasmaat verdien perfekte spelling en grammatika.

Hier is ook die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het: 

Gebruik hierdie slegs as ’n voorstel – jou geliefde sal dit steeds baie meer waardeer as ’n WhatsApp. En as jy nog nie ’n geliefde het nie, begin solank die kuns van liefdesbriewe te bemeester om jou spesiale boer se oog te vang.

Onthou om elke Donderdag om 20:00 in te skakel vir die nuutste aflewering van Boer soek ’n vrou. Jy kan ook saam gesels op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik.