Logo

Die liefde blom – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
14 Januarie 2020
Waar staan dinge tussen Willem en Sanel?
<p>Wilnel</p>

Teen die einde van die twaalfde seisoen van Boer soek ’n vrou het kykers nog gewonder waar dinge staan met Willem en Sanel. Alhoewel die paartjie nie kon ophou giggel en bloos toe hulle oor mekaar praat nie, was hulle nogals geheimsinig toe dit kom by hulle relationship status. Maar ons kon nie meer nie – ons het sommer Clanwilliam toe gegaan om te hoor wat Boer Willem te sê gehad het.

Toe ons vir Boer Willem vra hoe dinge gaan het hy met die grootste glimlag laat weet: “Die liefde blom. Ek kon nie vra vir iets beter nie...”

Ons was veral bly om te hoor dat Sanel nader aan Boer Willem se plaas verhuis het, so nou kan hulle dié verhouding ’n behoorlike kans gee. Ons glo ook dat dit vir hulle lekker is om by Boer Hentie en Hantie te kuier. Willem het ons laat weet dat hy en Sanel nogal gereeld by dié bure gaan braai.

Hierdie reeks was beslis ’n sukses vir Boer Willem, daarom sal hy dit gretig vir ander aandbevel: “Dit is ’n lekker platform. Jy ontmoet nuwe mense en sien nuwe plekke. Jy moet die kans vat, want dalk ontmoet jy die liefde van jou lewe. Wie nie waag nie, wen nie.”

Ons is bly dat dié boer sy kans gevat het...