Logo

Die lewe en die lot – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
24 Desember 2019
Soos die dae op die plaas al hoe korter raak vir die voornemende pasmaats en twyfel al hoe meer posvat in hul gedagtes oor waar hul gekose boer se lojaliteite lê, loop die spanning maar hoog.
Lewe en die lot _ Artikel

Die skok wendinge van die afgelope twee weke op onderskeidelik Boer Hentie en Boer Theunis se plase het almal na hul asems laat snak!

Niemand kon voorsien dat Hester die plaas sou verlaat het nie – veral nie net een dag voor Boer Hentie sy finale keuse sou bekend maak nie. Ons kan nie help as om te wonder hoe anders lewe op hierdie plaas sou lyk indien sy net nog een dag langer aangebly het nie.

Wou sy heimlik bly en het gehoop Hentie oorreed haar om te bly? Wou sy regtig huis toe gaan? En hoe moet arme Hantie nie voel nie – sy voel verraai deur die wending wat plaasgevind het.

Die gesegde wat gepas is vir Boer Hentie se plaasweek is, ‘as is verbrande hout’, maar ons vertrou tog alles gebeur met ’n doel en dat Hentie wel geluk by Hantie sal vind en dat Hester ook iemand sal vind om haar hart mee te deel.

In vandeesweek se episode was daar egter ook die skokwending toe Marcia besluit het om nie Theunis se uitnodiging om langer op die plaas te bly, aanvaar het nie.

Die stilte wat in die vertrek gehang het ná die aankondiging het boekdele gespreek. Veral omdat Renette ook graag sou wou aangebly het om dié donkerkop boer beter te leer ken.

Dalk is daar ’n ander rede hoekom Boer Theunis nie een van die pasmaats kon kry om langer te kuier nie – miskien is die regte vrou tog op pad vir Theunis en sy geliefde hond, Elmo.

Alle sterkte word toegewens aan die boere en die pasmaats wat hulle wel gekies het. Mag daar op elk van hierdie plase ware geluk gevind word.

Moet nie een sekonde van die dramatiese wendings misloop nie. Skakel elke Donderdag om 20:00 in vir die nuutste episode van Boer soek ’n vrou en gesels saam deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou op sosiale media te gebruik.