Logo

Die hartjie… – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
08 Januarie 2020
Jy verdien ’n breuk… lees dié artikel terwyl jy ’n lekker koppie boeretroos geniet.
4

Terwyl die joligheid van die feestyd en die nuwe dekade nou begin kwyn en jy weer terugkeer na jou normale daaglikse roetine; het ons dit goed gedink om jou terug te neem na die son, see en strand van die boere se vakansie by Plettenbergbaai.

Soos gewoonlik het Willem en Sanel ons laat skaterlag tydens die vakansie. Ons moet nou al teen hierdie tyd weet dat daar nooit ’n vervelige oomblik kan wees met dié twee nie.

Hulle albei is ewe avontuurlustig en altyd reg met ’n skerp opmerking.

Tydens die groepaktiwiteit het Willem sy sagter kant gewys en vir Sanel moed ingepraat om wel ook dié geloofsprong te maak. Was hierdie die heelal se manier om hulle subtiel leiding te gee?

Dit was egter tydens hulle alleen-tyd by die zipline-park dat jy werklik kon sien dat daar tog iets aan die broei is tussen die twee. Maar net tyd sal kan leer of dit net vriendskap of iets meer sal wees.

Onthou om in te skakel vir die volgende episode van Boer soek ’n vrou wanneer dit die reünie is. Ons kan nie wag om weer vir Boer Willem en Sanel te sien nie.

Gesels saam deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou te gebruik op sosiale media.