Logo

Desember is propvol kykgenot

Nuus
28 November 2022
kykNET se feesseisoen-kykgenot sluit in vollengte flieks, 'n reeks oor Springbok-legendes, ’n eg-Afrikaanse Kersblyspel, en musiek-vertonings.
kykNET se feesseisoen-kykgenot

Van ’n eg-Afrikaanse Kersblyspel wat spesiaal vir hierdie feesseisoen vervaardig is tot die première van ’n speelfilm oor ’n groep kinders wat op die Suid-Afrikaanse platteland by die rykes wil steel om vir die armes te gee. Gooi ’n sopie of twee humor, musiek en rugby in en jy het die perfekte kykgenot hierdie feesseisoen.

Uithalerflieks vir Saterdae in Desember

Drie vollengte flieks is op die spyskaart vir Desember.

Vlugtig

3 Desember om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)

Die aspirant-akteur Simon Berg (Arno Greeff) se lewe neem ’n onverwagse wending wanneer hy genooi word om deel te word van ’n herverbeelding van Rooikappie onder regie van Andreas Vog (Ernst van Wyk). Ook te sien is Jane de Wet as Chantel Opperman. Die regisseur is Marinus Gubitz.

Beurtkrag

10 Desember om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)

Jasper (Ivan Botha) wil nie alleen wees nie. Fransie (Donnalee Roberts) is onafhanklik en verkies dit so. Wanneer hulle saam intrek, hoop hulle dit is ’n nuwe begin. Maar beurtkrag tref hulle op die eerste aand en wat begin as ’n jolige aan, eindig op met elkeen wat hulle swaar bagasie uitpak. Die regisseur is Jozua Malherbe.

Desemberdiewe

17 Desember om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)

Dis somer en Kersfees is om die draai. Jo en haar ma het onlangs na ’n klein dorpie getrek, maar Jo sal enige plek op aarde wees as daar. Karma het egter ’n manier om selfs vir 11-jariges ’n les of twee te leer en sy besluit om Kersgeskenke by die rykes te steel om vir die armes te gee ...

In die rol van Jo is die nuweling Judi Hattingh en Roeline Daneel is te sien as haar ma, Retha. Ook in die rolverdeling is Marvin-Lee Beukes as sersant Kleingeld en Juan-Christoff Smith (Lem) en Blake Pharo (Azul) as Jo se vriende. Die draaiboekskrywer en regisseur is Carla Smith.

Vier Kersfees saam met kykNET

kykNET Kersfeesblyspel

24 Desember om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)

Die Kersverhaal gaan op ’n unieke wyse vertel word met geliefde Afrikaanse Kersliedjies wat tussendeur geweef word. Sangers sluit ondermeer Willem Botha, André Schwartz en Early B in en ander bekende kykNET-persoonlikhede wat te sien is, is Leah, Germandt Geldenhuys, Stephanie Baartman, Hamilton Wessels, Lynelle Kenned en Rika Sennet.

Drie dekades se beste Bokke met Rapport

Reeks begin op 19 Desember om 20:30 op kykNET (DStv-kanaal 144)

Vanjaar is dit 30 jaar sedert Suid-Afrika in 1992 ’n hertoetrede tot internasionale rugby gemaak het. Om hierdie herdenking te vier, het die Sondagkoerant Rapport vanjaar met die hulp van ‘n paneel kenners die top-30-Bokke van die afgelope 30 jaar gekies.

Vanaf Maandag 19 Desember om 20:30 word die dokumentêre reeks Drie dekades se beste Bokke met Rapport op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai waarin hulde aan dié top-30 Springbokrugbyspelers gebring word. In elkeen van die uurlange episodes sal gekyk word na tien Springbok-rugbyspelers se loopbane. Daar is drie episodes in die reeks.

Sondagoggend-vermaak

Andrew Murray-prysfonds se toekenningsaand 2022

4 Desember om 10:30 op kykNET, DStv-kanaal 144

Die jaarlikste Andrew Murray-prysfonds huldig uitnemendheid in die Christelike media deur werke van hoogstaande gehalte in Afrikaans en ander Suid-Afrikaanse tale te bekroon. Hierdie program is ’n opname van vanjaar se toekenningsaand.

Le nozze di Figaro

11 Desember om 10:30 op kykNET, DStv-kanaal 144

Mozart se briljante warrelwindkomedie vol kinkels, kabels en huweliksklokke wat lui. Met ander woorde: die perfekte opera! 

Christmas in July

18 Desember om 10:30 op kykNET, DStv-kanaal 144

Vier Kersfees met ballet en musiek. Met internasionale balletsterre soos Adiarys Almeida en Taras Domitro en ikoniese tonele wat jou na ’n pragtige Kersfees gaan wegvoer.

Die Gauteng Filharmoniese-orkes se Kerskonsert

25 Desember om 10:30 op kykNET, DStv-kanaal 144

’n Pragkonsert met Kersfeesmusiek saamgestel deur Willem Vogel en met die Gauteng Filharmoniese-orkes onder leiding van David Scarr en die koorlede van Studio Chorale.

Oujaarsaand-vermaak

André Rieu - Falling in Love in Maastricht

31 Desember om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144

Geniet ’n aand vol musiek, emosies, humor en romanse saam met die Koning van die Wals, André Rieu.

Hoogtepunte op kykNET&kie 

Dinner for One

31 Desember om 23:30 op kykNET&kie, DStv-kanaal 145

Miss Sophie vier haar 90ste verjaardag en James, haar huiskneg, drink ’n heildronk op die verskillende karakters wat deur die jaar haar verjaardag bygewoon het.

Dinner for One Too

1 Januarie om 00:00 op kykNET&kie, DStv-kanaal 145

’n Suid-Afrikaanse weergawe van Dinner for One, maar hierdie keer is die rolle omgeruil: Elize Cawood is te sien as die huiskneg en Wilson Dunster is Miss Sophie.

9 Desember om 21:00 op kykNET NOU!, DStv-kanaal 146

Classics is Groot is ’n asemrowende musiekskouspel wat voor ’n gehoor by die NG Kerk Moreletapark se ouditorium opgeneem is.

Koortjies vier ook die feesgety

Sondae om 18:00 op kykNET&kie, DStv-kanaal 145

Vanjaar vier Koortjies met Jonathan Rubain ook die feesgety met twee spesiale episodes vir kykers. Vorige bekende gaste op die program kom weer terug in die kersfees episode: Don Vino, Karin Kortjé, Berry Trytsman en Jarrad Ricketts. En dan vat sangers Anslin Gysman, Salomé en Cheswyn Ruiters asook die Suidooster-akteurs Natasha van der Merwe en Eden Classens, kykers in die nuwejaar!

Dis Kersfees

Van 20 Desember tot 25 Desember op kykNET NOU!, DStv-kanaal 146

Dis tyd vir saam wees. Dis tyd vir familie. Dis tyd vir stil word. Dis tyd vir Kersfees. Kom luister na al die goue Kersfees-gunsteling op Dis Kersfees.

Uitsaaitye:

20 Desember – 16:30

21 Desember – 17:00

22 Desember – 21:00

23 Desember – 16:00

24 Desember – 23:30

25 Desember – 10:00 en 15:30