Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 8: 'n Hele week voor die kameras - Kwarantyn

Nuus
17 Junie 2020
Laas Woensdag het twee Suid-Afrikaanse gesinne in twee baie spesiaale huise ingetrek, waar hulle lewens konstant op kamera verfilm word. Hier is al die hoogtepunte na 'n week in #Kwarantyn.
Dag 5: Sardientjie-tyd – Kwarantyn Image : 10465

Vanaand merk presies ‘n week na Suid-Afrikaners #SpanScheepers en #SpanLeRoux ontmoet het.

Met nationale inperking, wat is beter as die kans om te sien hoe 12 deelnemers #Kwarantyn oorleef? Maar na 8 dae is daar beslis ook 8 hoogtepunte om weer te herleef.

 

ALMAL HET IETS SPESIAAL IN DIE HUIS

Elke deelnemer het iets spesiaal in die huis, en baie kykers het gemis wat hierdie items nou eintlik is.

Die Le Roux’s:

Adriaan: Oorfone

Braam: Reukwater

Jana: ‘n Papierspeld (om haar tande meer skoon te maak)

Heinrich: ‘n Knipmes

Lisa: ‘n Kamera wat dadelik fotos ontwikkel

Manie: ‘n Hommeltuig

Die Scheepers

Pamela: Badkamersakkie

Avril: Haaryster

Austin: Slimfoon

Caryn: Grimeersakkie

Jade: Haarprodukte

Kel-Cee: Oorfone

 

DIE OPSIGTER IS ‘N BEKENDE GESIG

Toe die eerste #Kwarantyn lusmakers uitgestuur is, sou min mense verwag die eerste wenner van Big Brother Suid-Afrika sal nou die rol van Die Opsigter aan neem.

Die Opsigter is in beheer in die huis, en Ferdinand Rabie is seker bly hy hoef nooit weer sy lewe voor die kameras toe deel nie.

LEES: Ontmoet Kwarantyn se opsigter – Kwarantyn

 

DIE TWEE HUISE ONTMOET MEKAAR

Ja dis inperking, maar so afgesonder is #SpanScheepers en #SpanLeRoux dat hulle na al die maatreels om die huise te betree nie aan mekaar die Koronavirus kan oordra nie. Bly was hulle toe op Dag 2 toe almal mekaar kon ontmoet.

Sederdien sien die spanne mekaar gereeld, of hulle nou moet oefen, of net chat oor ‘n lekker warm koffie. Of om elke daf saam te oefen.

 

VLOOI EN MAX TREK OOK IN

Op Dag 4 was die Le Roux’s die eerste om uit te vind hulle huis is nog ‘n lid ryker, Vlooi.

So oulik is die natneus, hy het tot sy eie Instagram-blad waaroor amper 2000 mense al gaande is (as jy diep genoeg soek is daar tot al “fan pages” vir Vlooi.

Op Dag 6 het die Scheepers uitgevind hulle word ook ‘n viervoet Ryker. Max is veral spesiaal want hy is van die liefdadigheidsorganisasie Four Paws.

Max het himself klaar as ‘n Scheepers bevestig, vol lewe en gereed vir enige uitdaging.

 

EERSTE KUIERGAS

Op Dag 6 het Kel-Cee en Jada se ma die eerste kuiergas geword wat in die huis kuier, behalwe die inwonders.

Sover was di teen van die duurbaarste minute vasgevang op die #Kwarantyn-kameras.

Die groot vraag is, soos Week 2 aanbreek, kry die le Roux’s dalk ‘n spesiaale besoeker?

 

DIE ALARMS KERM

Om R250 000 los te slaan is nie so maklik soos kosmaak en slap voor die kameras nie. Nee, elke dag moet deelnemers die harde Die Opsigter alarm hoor wat hulle net weer herhinner dat #Kwarantyn nie ‘n vakansie is nie. Daar is ‘n kontantprys op die spel, en elke uitdaging is belangrik.

 

JEUGDAG AGTER TOE DEURE

Beide #SpanScheepers en #SpanLeRoux het vier deelnemers onder die ouderdom van 30, wat hulle nog deel maak van die land se jeug. Op 16 Junie het die jongspan hulle drome gedeel – en dat hulle almal ‘n toekoms in Suid-Afrika sien.

Uit die Le Roux’s droom Manie byvoorbeeld om ‘n veldwagter te wees en as ‘n teenstroper te werk om Suid-Afrika se wildnalatenskap te help beskerm.

LEES: Dag 7: Die jong Le Roux’s – Kwarantyn

By die Scheepers wil die jong Kel-Cee besigheid nav ore bring. Die span is positief nie net oor hulself nie, maar ook die land.

LEES: Dag 7: Scheepers: ‘SA se toekoms blink!’ – Kwarantyn

Hoe lyk Suid-Afrika se toekoms vir jou? Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. Bly hier op hoogte.