Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 48: Daardie een ding – Kwarantyn

Nuus
27 Julie 2020
Lees wat die twee families beplan vir na Kwarantyn.
Na Kwarantyn

Foto: Getty Images

Vir die Le Roux- en Scheepers familie is daar slegs drie dae oor in Kwarantyn. Dié twee families is al sedert 10 Junie in die huise ingeperk, en teen dié tyd kan hulle nie wag om weer deel te wees van die samelewing nie.

Volgens Austin gaan dit moeilik wees om weer terug te keer na sy ouerhuis. Hy meen dit gaan moeilik wees om weer te onthou waar alles is, terwyl Caryn sê dit gaan vreemd wees om weer haar ouers te sien, omdat sy nog nooit so lank weg was van hulle nie.

KYK OOK: KYK HIER NA DIE SCHEEPERS SE MUSIEKVIDEO

Maar wat is daardie een ding wat hulle onmiddellik gaan doen sodra Kwarantyn tot ’n einde kom? Ons het uitgevind:
 

Heinrich
Heinrich het gesê dat dit uitdagend is om heeldag ’n wag voor sy mond te hê. Daarom kan hy nie kan wag om uit die huis uit te kom. Verder sien hy verskriklik uit na die buitelug, en om sy ouers te sien. “Ek gaan dadelik in my bakkie klim en iewers heen ry – seker na my ma of my pa toe.”

Manie
Manie het gesê dat hy dadelik die naaste oop restaurant gaan vind en ietsie daar gaan drink en eet.

Jada
Jada kan nie wag om haar skoene uit te skop en op te vang op haar gunsteling-reekse nie. “Ek kan nie wag nie,” sê sy. “Toe ons Kwarantyn toe gekom het, was ek by die laaste paar episodes so ek kan nie wag om dit klaar te kyk nie.”

LEES OOK: BINGE DIÉ REEKSE TYDENS INPERKING

Pam
Pam het lekker gegiggel toe ons by haar wou uitvind wat sy eerste gaan doen. “Jy wil regtig nie weet nie,” het sy gesê. “Ek was vir ’n hele paar weke sonder my man…” Meer as dit wou sy nie sê nie…

Austin
Austin het ’n elle lange lysie gehad: “Ek soek klere, en ’n nuwe phone... Ek gaan vir my tjommies gaan kuier, ek gaan vir my baie dik eet aan my favourite [hoender], ek wil my familie sien…ek wil obviously eers huistoe gaan, maar na ’n mall toe daarna.”

Adriaan
Hoewel dit vir Adriaan ’n aanpassing gaan wees om nie meer kameras heeldag op hom te hê nie, het hy gesê hy kan nie wag om by sy eie huis te wees nie. Hy sien veral uit na die  heerlike stort wat vir hom by die huis wag.  “Eerste ding wat ek gaan doen is in ons eie shower spring want ons shower is awesome.”

LEES OOK: TOETS JOU KWARANTYN-KENNIS

Lisa
Vir Lisa is dit ietwat van ’n intieme sakie: Sy kan nie wag om haar eie privaatheid in haar eie badkamer weer te hê nie. 

Kel-Cee
Volgens Kel-Cee gaan die eerste ding wat sy gaan doen vir haar kleinniggie kuier, en daarna beplan sy om op te vang met haar gunsteling-reekse. “[Ek gaan] vir my kleinniggie ’n stywe drukkie gee, en dan ’n episode van Love Island kyk.”

Braam
Braam het gesê: “Ek gaan vir my vrou ’n baie stywe drukkie gee.”

KYK OOK: HIER IS DIE LE ROUX'S SE MUSIEKVIDEO

Avril
Avril kan nie wag om haar man te sien nie. Sy het gesê dat sy net saam met hom wil wees en hom vashou.  “En my kinders – ek wil hulle net vashou vir ’n baie lang tyd.”

Caryn 
Hoewel Caryn nie in die oomblik kon sê wat sy onmiddellik gaan doen nie, was sy baie uitgesproke oor wie sy onmiddellik wou sien. “Ek mis my klein sussie baie,” het Caryn vertel. “Sy is seker so bored by die huis sonder my – ons irriteer mekaar altyd, maar ek dink dis wat ons relationship so spesiaal maak.”

Kyk die video hier onder:

Maak seker jy skakel in op DStv-kanaal 144, eerskomende Woensdag om 20:00 om aan te hoor wie aangewys gaan word as wenners van Kwarantyn!

Wat is die een ding wat jy na twee maande van inperking sal wil doen? Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid voor Maandag, 27 Julie om 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie.