Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 46: Die tien [karaoke]-wette – Kwarantyn

Nuus
25 Julie 2020
Lees meer.
Karaoke gebooie

Op dag 46 word Kwarantyn-karaoke ietwat anders benader. Dis reg, ja. Nie net kry beide families vanaand dieselfde liedjies om te sing nie. Daar is ook nie lirieke om van af te lees nie. Daarom het die kompetisie 'n nuwe vlak betree. 

Hier is die tien gebooie wat te alle tye gehoorsaam moet word om sodoende die meester van enige karaoke-partytjie te wees:

  1. Jy mag nie praat nie
    Die vertrek waar die karaoke plaasvind is nie ’n plek om te getuig nie. As jy instem om deel te neem aan karaoke, neem jy ’n gelofte af dat jy nie tydens of tussen vertonings algemene besprekings sal hê nie. Jy beloof om slegs die vertoning te geniet.
     
  2. Jy mag nie ’n opinie lewer nie
    Plaas jouself in die sanger se skoene. Verbeel jou dat jy op die verhoog is en die gehoor voor jou sien fluister of lag: Die nagevolge hiervan kan katastrofies wees. Wees dus respekvol teenoor jou mede-sanger.
     
  3. Sit altyd ’n wag voor jou mond
    Dit is verbode om die person wat sing te stop of in die rede te val. Al kan jou ore dit net nie meer verdra nie, Karaoke is vansprekend oop vir almal. Die sang-vernuf of vokale kapasiteit moenie saak maak nie – dis juis wat karaoke so uniek maak.

    LEES OOK: KOM DANS SAAM EN WEN
     
  4. Jy moet altyd ’n applous gee
    Nie net mag jy nie die sanger in die rede val nie, maar jy moet altyd gewillig wees om met graagte hande te klap. Dis reg, ja. Elke sanger verdien te alle tye aan die einde van sy vertoning ’n luide applous – al is dit nou maar ter viering dat die vertoning uiteindelik verby is.
     
  5. Jy moet jou beurt afwag
    Of dit nou mondeliks of formeel ingestel is, daar is ’n volgorde wat gerespekteer moet word. En jy moet dit respekteer om absolute chaos te vermy.

    LEES OOK: SÓ SING ’N KARAOKE-KONING
     
  6. Jy mag nie harder as die sanger sing nie
    Al is die persoon op die verhoog besig om jou gunsteling-liedjie te sing, selfs dít is nie ’n goed genoeg rede om die persoon met die mikrofoon se oomblik te steel nie.
     
  7. Jy mag die verhoog nie sonder uitnodiging betree nie
    Jy kan dans in jou sitplek, langs dit of om dit. Maar moet nooit dink dis ’n goeie idee om op die verhoog te gaan dans tensy jy uitgenooi word om so te doen nie.
     
  8. Jy mag nie die sanger laat lag nie
    Al is dit jou beste vriend, moenie eers probeer om ’n grappie te vertel wat net jy en hy sal verstaan nie. Dis sy oomblik op die verhoog. Moenie hom daarvan ontneem nie.

    LEES OOK: KARAOKE SAAM MET EMO ADAMS
     
  9. Jy moet ietwat nugter bly
    Matigheid voor oë. Daar is ’n fyn lyn tussen ware kuns en ontwrugting. Dis reg, ja. Wees versigtig om die gek te skeer weens ’n oormate sopies.
     
  10. Respekteer die mic
    ’n Mikrofoon is nie gemaak om in die lug te swaai of te gooi nie – laat hierdie tegniek eerder oor aan die professionele sangers. Dis ’n breekbare voorwerp wat deur almal gebruik moet word. Jy wil nie die een wees wat karaoke-aand vir almal beëindig weens ’n mic drop-oomblik nie.

    SPEELLYS: KWARAN-TUNES VIR KWARANTYN

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, om 17:00 uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.