Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 45: Vat vyf op Vrydag – Kwarantyn

Nuus
24 Julie 2020
Hier’s al die hoogtepunte.
Screenshot 2020 07 24 at 21

Die dae raak regtig nou min vir Span Scheepers en Span Le Roux in Kwarantyn, maar dit beteken nie hul laaste rukkie gaan nie sonder groot uitdagings wees nie. Die Opsigter het weer vandag met ‘n peilimng begin, en Austin was uitgedaag om in die swembad te gaan spring.

Die groepstaak het vereis dat almal saam grasperkspeletjies speel. Ou gunstelinge het opgeduik, en Span Scheepers het uit die stryd getree met 2000 punte.

Verder het die spanne seker gemaak hulle kom al hulle pligte na, maar daar was baie tyd vir sing en dans. Die Opsigter het besluit om die dak te lig met verskeie musiek, en almal het litte los gemaak.

Maar die middag het vinnig aand geword, en vanaand se gemorskos Koskenades het gevra vir drie gourmet pizzas.

Vir die besonderse pizzas het elke span die volgende bestandele ontvang: Meel, sout, bakpoeier, mozzarellakaas, olywe, fetakaas, ham, salami, hoender, kappertjiesaad, tamatie puree, origanum, Arugula blare, kruie, spek, avokado, sampioene, ansjovisse, mayonaise, rissies, knoffel, maalvleis, vye, bloukaas, uie en tamatie.

 Die Le Roux’s se pizzas het die beste gevaar, en hulle kon 1000 punte wen vir die moeite.

Terwyl aandete baie lekker was, was vanaand se speletjiesaand baie anders. Vir die eerste keer moes die spanne deelneem aan ‘n vasvraag-speletjie waar hulle antwoorde moet gee oor hulle tyd in Kwarantyn.

LEES OOK: KEN JOU 'KWARRA'-QUIZ

Die ‘Kwarra’-quiz het ook 10 000 punte op die spel.

Dit was ‘n naelbyt spel, maar Span Le Roux het gewen na hulle net 4 vrae verkeerd gekry het, terwyl Span Scheepers 5 vrae verkeerd geantwoord het.

Dit beteken die Le Roux’s het 11 000 punte vandag gewen.

Om die aand jolig af the sluit het Loufi ingeloer, en sy nuwe musiekvideo ‘Boude’ aan die spanne bekend te stel.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.