Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 44: Kreatiewe Kwarantyners - Kwarantyn

Nuus
23 Julie 2020
Kom ons kyk terug na die Kwarantyn kuns.
kuns cover

Ons het aan die begin van die 21 dae van nasionale inperking nie gedink ons gaan weet wat om met al die tyd te doen nie. En hier sit ons al op dag 119 van COVID-19 inperking in Suid-Afrika.

Die Kwarantyn families het geen idee wat hier buite aangaan nie, maar ons weet presies wat hulle alles kwyt geraak het in die huise oor die laaste 44 dae en hulle het vir ons ‘n paar lekker idees gegee vir wat om met ons tyd te doen.

Gedurende inperking het sommige mense opgevang op boeke wat al stof begin gaar het op hulle bedkassies, waar ander die tyd benut het deur ‘n nuwe taal aan te leer of uiteindelik die motorhuis reg te pak.

Maar meer as enige ander taak of doelwit het ons gesien hoe mense hulle kreatiwiteit ontdek en ontwikkel het.

Die twee Kwarantyn families het self ook ‘n paar nuwe kuns tegnieke aangeleer in hulle tyd op televisie.

Kom ons loer weer na die kreatiewe take wat hierdie twee families aangepak het oor die laaste paar weke. Miskien kan julle ‘n paar van hierdie takies op julle waag-lys sit terwyl ons nog op Level 3 inperking is.

  1. Verouderde foto rame.
  2. Stillewe van vrugte.
  3. Handgemaakte kleipotte.
  4. Self-portret met houtskool.
  5. Alfabet yskas magnete.
  6. Handgemaakte seep.
  7. Abstrak skildery.
  8. Vingerverf skildery.
  9. Papier poppe.
  10. Mosaïek muur-horlosie.
  11. Vrugte skeppings.
  12. Handgemaakte papier-vlieër.
  13. Origami.
  14. Decoupage.

Die Kwarantyn huise staan vol van die families se kreatiewe eindresultate, en waar sommiges nie so mooi uitgekom het soos ander nie, is ons steeds baie trots op hulle pogings.

Gaan loer ook gerus na hierdie lys van kreatiewe idees gedurende die inperking. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie.