Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 38: Hanteer ekstra druk so – Kwarantyn

Nuus
17 Julie 2020
Raak jy onrustig met jou naastes? Daar is hulp.
GettyImages 482600649 (1)

Voel jy deesdae bietjie angstig om jou familie tydens inperking? Wel, niemand spring dit vry nie. Span Scheepers en Span Le Roux het ook al moeilike tye onder mekaar gehad – maar wat belangrik is om te weet – jy is nie alleen nie.

Die Suid-Afrikaanse depressie-en-angs-stoornisgroep (SADAG) bied goeie raad vir elke familie lid om seker te maak niemand blaas op nie.

Almal reageer anders gedurende inperking, en dit veroorsaak stres wat bo normale daaglikse uitdagings hanteer moet word. Vrees en angs kan meer as gewoonlik voorkom in kinders en volwassenes – en volgens SADAG is dit baie belangrik dat families leer hoe om gevoelens te beheer.

Die organisasie bied die volgende wenke:

Roetine:

Moenie afwyk van jul roetine nie. Staan op, maak ontbyt, skep ‘n lys van wat deur die dag gedoen moet word.

Moenie die heeltyd nuus luister nie:

Verminder die tyd wat j yen jou familie na nuus luister of kyk. Maak seker jy filter wat jy kyk om te verseker dit veroorsaak nie meer stres nie. Vermy om die hele dag nuus te kyk en luister, en wanneer jy nuus kyk of lees, kies betroubare bronne. Facebook en Twitter is nie altyd betroubaar nie.

Bly besig:

Kry die gesin bymekaar en maak ‘n lys van aktiwiteite wat almal saam kan doen. Jy kan ook ‘n lys maak van boeke wat almal moet lees, dat almal saam oefen of pligte uitvoer wat al maande nie nagekom is nie.

Beheer wat jy kan:

Vra jouself wat jy kan beheer in die situasie, en fokus op daardie lys. Dis puntloos om jouself moeg te maak en top oor goed wat jy nie kan beheer nie.

Bly kalm:

Wanneer 'n uitval plaasvind, maak seker almal kan praat. Verduidelik met duidelikheid hoe jy voel, en luister as iemand praat. Dis baie belangrik dat almal se gevoelens in ag geneem word. 

Gaan aanlyn:

Gebruik hulpbronne wanneer jy vashaak. SADAG stel aanlyn hulp voor, hetsy dit iets is om jou slap te monitor, nuwe podcasts of goeie tegnieke om jou emosies in toom te hou, besoek www.sadag.org.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie. Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.