Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 46: Voluit saam met Leah – Kwarantyn

Nuus
25 Julie 2020
Ons kuier saam met Leah in ‘Kwarantyn’.
Kwarantyn

Foto: Verskaf

As dit kom by ’n goeie vertoning, kan jy vir die pragtige Leah niks vertel nie. Onlangs het sy die Le Roux- en Scheepers-familie verras met haar verskyning op Kwarantyn

SPEELLYS: KWARAN-TUNES VIR KWARANTYN

Dié bekroonde sanger en oud Boer Soek 'n Vrou-aanbieder vertel dat sy inperking deurgebring het by haar en manlief se tuiste in Kaapstad. Vir tydverdryf het sy die beste van die saak gemaak en allerhande nuwe dinge probeer. Sy sê egter dat sy veral die tyd saam met haar man en hondekinders waardeer het. “Ek is dankbaar vir die tyd saam met hulle, omdat ek gewoonlik baie weg is.”



Sy sê dat hoewel sy dit verskriklik geniet het om by die huis te wees, sy haar werk verskriklik mis. En soos almal anders sukkel sy soms ook met dié nuwe werklikheid. “Die onsekerheid vang mens so nou en dan. Ek het defnitief ’n paar angs-oomblikke gehad.” Haar raad vir die families wat so lank saam ingeperk is, is om te kommunikeer en om mekaar te waardeer. “Sorteer probleme dadelik uit. Ten minste kan jy sáám met jou geliefdes wees. Probeer ook nuwe dinge en ondersteun mekaar daarin.“

LEES OOK: SÓ SING ’N KARAOKE-KONING

Op dag 46 was Leah ingeroep om een van die beoordelaars te wees tydens Kwarantyn-karaoke. En wie beter om te vra vir wenke rondom sang as dié kunstenaar?



Haar raad vir enige karaoke-kompetisie is om nie terug te hou nie. “It’s your time to shine! Geniet dit vir wat dit is, jy kan ’n bietjie in ’n ander wêreld verdwyn vir daai paar minute.” Verder moedig sy mense aan om voluit te gaan en ’n affêre daarvan te maak. “Gaan groot! Ek is mal oor dress-up en temas – hoe maller, hoe beter.”

LEES OOK: KARAOKE SAAM MET EMO ADAMS

Hier is die top-10 treffers wat volgens Leah op jou karaoke-speellys móét wees:

  1. Gloria Gaynor – “I Will Survive”
  2. Whitney Huston – “I will always love you”
  3. Vengaboys – “Boom, Boom, Boom, Boom”
  4. Backstreet Boys – “Backstreets Back”
  5. Journey – “Don’t Stop Believing”
  6. Leah – “Met Jou Klere Aan”
  7. Billy Joel – “Uptown Girl”
  8. Neil Diamond – “Sweet Caroline”
  9. ABBA – “Dancing Queen”
  10. Kelly Clarkson – “Since you’ve been gone”

En indien jy nie lus het om te karaoke nie kan jy ons voorstel vir 'n Kwarantyn-speellys hier kry.

Wat het jy van vandeesweek se karaoke gedink? Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.

Onthou om te stem vir jou gunsteling-familielid van Woensdag, 21:00 tot Maandag, 22:00 op jou rekenaar, jou selfoon, per SMS of op die DStv-app. Elke platform bied vir jou 100 unieke stemme.

Elke Maandag, Dinsdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag word die daaglikse hoogtepunte op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai. Elke Woensdag is dit die weeklikse hoogtepunt-episode om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 – moet dit nie misloop nie.