Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 28: Kollig op Austin - Kwarantyn

Nuus
07 Julie 2020
Ons kan net nie genoeg kry van Austin nie. Hier is ons gunsteling oomblikke.
Cereal Boxes (2)

Austin Scheepers het vroeg al in die Kwarantyn-huis vir homself naam gemaak. 
Die enigste ding wat die talentvolle jong man nie kan doen nie, is stil staan. 
As jy hom sien is hy aan die dans, sing of pose

Austin is dalk die enigste doring onder die skoner geslag in die Scheepers huis, maar hy verdwyn glad nie in die agtergrond in nie. 
Altyd eerste op die wa as dit kom by ‘n poets bak vir die Le Roux-familie en altyd gewillig om te help in die huis. 

Ons het die laaste paar weke hom op sy heel beste en heel laagste beleef, en ons kan nie wag om te sien watter Kwarantyn-avonture nog vir hom voorlê nie. 

Hier is ‘n paar van ons gunsteling oomblikke met Austin in die huis. 

Altyd aan die sing en dans. Selfs al gesels hy met die kykers.

Waar die skrikmaak begin het. Hierdie is dalk hoekom 'Kwaralina' die spook so graag by hom kom kuier. 

Styl, styl, styl en nog styl. Jy gaan nie sommer vir Austin vang waar hy nie sy heel beste lyk nie. 

 

Baie lief vir die kykers.

Die lewe van ELKE partytjie. 

Eerste minister van skrikmaak en grappe.

Besorgde honde-pappa vir Max.

Austin is 'n bondel energie en ALTYD gereed vir die Kwarantyn-dans. 

Klein botteltjie, groot gif! Hierdie man kan SING! Ons kry nou nog hoendervleis oor hierdie opvoering. 

Kwarantyn saai vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers, en vertel vir ons wat julle gunsteling Austin oomblikke in die huis was.