Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 26: Vleisie vir almal? - Kwarantyn

Nuus
05 Julie 2020
Vandag maak almal die perfekte Sondagmaal, maar wat moet die Vlooi en Max in jou huis aan knabbel?
Dag 7: Kom ons maak Vlooi ‘famous’ – Kwarantyn Image : 10477

As jy ‘n troeteldier het, weet jy dat jou pels-pel van vleis hou. Maar is dit altyd gesond vir jou kieterkat of woef? Wel, studies wys, dit is noodsaaklik.

Honde en katte is natuurlike karnivore, en dis juis hul tande wat dit weggee. Hulle is gemaak om vleisies te vreet, omdat hulle tande juis ontwerp is om vlees te kan skeur, en dit is hul hoofsaaklike voedingsbron. Katte is veral vleisvreters en dis baie belangrik dat hulle vleis eet om gesond en gelukkig te bly. Honde kort ook groot mates vleis om gelukkig te bly.

Vleis gee noodsaaklike (en goeie) proteïene vir honde en katte, en dit verseker gesonde bene en ‘n pels wat skitter. Vleis het ook ‘n eienaardige uitwerking dat dit jou brakkie of katjie “vol” laat voel, en troeteldiere wat genoegsaam vleis eet, ooreet nie. So jy kan sodoende vetsug voorkom.

Maar dis glad nie maklik om net baie vleis vir jou troeteldier te voer nie. En soos mense meer na ander bronne van voeding kyk, beteken dit nie dat honde en katte slegs vleis hoef te eet nie – maar dis belangrik om te kyk of hulle bietjie meer vleis benodig.

ACANA, Canine and Co. het so paar wenke gedeel om jou hond of kat gesond te hou gedurende inperking (of bloot die skepsel die beste Sondagmaal te bied):

  1. Kyk vir produkte wat nie minder as 50% vleis bevat nie. ‘n Kombinasie van vleis en ander goeie voedingstowwe is baie gesond.
  2. Is jy bang vir afval? Moenie dit weggooi nie, organe is baie gesond vir troeteldiere (en hulle hou daarvan). Organe is veral ryk aan minerale en vitamienes wat alle soogdiere benodig. Volgende keer as jy ‘n niertjie of lewertjie asblik toe wil stuur – maak dit eerder gaar vir Prinses of Willem.
  3. Berei voor wat jy eet, en spaar ‘n porsie vir jou honde- of katkinders. ‘n Verskeidenheid van vleis (bees, lam, vark) sal jou troeteldier se belangstelling in sy of haar kosbak piek.
  4. Wees ‘n goeie mens. Net omdat die kos vir jou familiegenoot nie vir ‘n Homo Sapien gelys is nie, beteken nie jy moet nie eties wees nie. Kies deurgaans vleis waar diere nie sleg behandel is nie, of waar dit eties bekom is. Ondersteun eerder plase of boere wat nie ander diere mishandel nie. Want hoe sal jou eie troteldier voel oor sulke dieremishandeling? 

Wat eet jou troeteldier op Sondae? Onthou, Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word.

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.