Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 26: Salige Sondag – Kwarantyn

Nuus
05 Julie 2020
Trek die dag bietjie lank? Hier’s wenke om seker te maak dat jy nie jouself vandag verveel nie.
Screenshot 2020 07 05 at 16

Dis maar ‘n stil Sondag vir Span Scheepers en Span Le Roux en Die Opsigter het ook vandag baie makliker gemaak – almal kon doen wat hulle wil vir middagete.

Met soveel tou, om te doen wat jy wil, kan dit moeilik raak om aan iets te dink wat die dagure vul. Maar hier is ‘n paar wenke.

'n BORDSPEL

Knope, 30 Seconds en kaartspeletjies vermaak albei spanne deurgaans. Inteendeel, die spanne het nuwe bordspelvernuf aangeleer sedert die begin van Kwarantyn.

LEES OOK: HOEKOM 30 SECONDS

‘n Bordspeletjie is wel een van daai besonderse ervarings wat almal geniet. As jy raadop is oor ‘n aktiwiteit, gaan stof ‘n bordspeeletjie af.

SKEP IETS

Wie hou nie daarvan om na iets mooi te kyk nie? Wel, die waarheid is jy kan dit self maak by die huis. Kyk hier na ‘n paar goed wat die spanne sover gemaak het vir inspirasie.

OEFEN

Sweet is goed vir jou! Dit laat jou vel soepel en sag lyk, en dit laat jou vetselle huil. Maar die belangrikste is, dit help jou om geestelik gesond te bly. Die Engelse het ‘n gesegde; “A healthy body, a healthy mind”. In Kwarantyn moet albei spanne oefen om te verseker dat hulle gelukkig bly, en dit help baie. Hier is ‘n paar oefeninge wat jy nie kan misloop nie.

MAAK 'N FAMILIE-OPROEP

Dankie tegnologie! Nou kan jy jou geliefdes sien en hoor, maak nie saak waar hulle in die wêreld is nie. Slimfone beteken ons kan met mekaar brood breek op nuwe manière, en jy kan verras oproepe maak, of net met al jou sibbe praat. Onthou jy hoe Pam, Avril, Austin, Caryn, Kel-Cee, Jada, Adriaan en Braam gevoel het toe hulle spesiale boodskappe van buite ontvang het.

LUISTER MUSIEK

Dans jouself warm. Die Kwarantyn-dans is ‘n nuwe tendens, en jy moet nie uitmis nie. Hier kan jy die liedjie luister (en aflaai) en jou eie dans leer.

FLIEK

Julle het gestem, en vanaand kyk almal weer fliek. Het jy ooit gewonder wat almal se gunsteling fliek is?  Wel hulle het dit reeds gedeel.

LEES OOK: RAAD VIR ‘N STIL NAWEEK

Kwarantyn sal vanaf Woensdag 10 Junie om 21:00 elke dag en heeldag op kykNET se nuutste opwipkanaal, DStv-kanaal 149, uitgesaai word.

Maandae tot Saterdae sal daar daagliks om 17:00 ’n 24 minuut-lange hoogtepunteprogram (behalwe Woensdae is dit ’n 48 minuut-lange program om 20:00) op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai word. 

Gesels saam op FacebookInstagram en Twitter met die hutsmerke, #Kwarantyn, #SpanLeRoux en #SpanScheepers.