Logo
Kwarantyn 1600x160 Slim Homepage (2)

Dag 10: Gemorskos Vrydag – Kwarantyn

Nuus
19 Junie 2020
Die beste motiveerder om deur die week te kom is, niks anders nie as, Gemorskos Vrydag!
Gemorskos Vrydag Article Image

Niemand kan stry dat dit ‘n opwindende week was vir #SpanScheepers en #SpanLeRoux nie – net om te sien wat dié twee gesinne elke aand gaan moet voorberei om te eet, was genoeg rede vir ons om elke dag in te skakel op kanaal 149.

Maandag:

Omdat dit Maandag so ongelooflik koud was, het Die Opsigter dit goed gedink dat die gesinne ‘n tradisionele Durbanse lam-kerrie moet maak om die koue te verdryf. Jy kan jou eie weergawe van dié dis maak deur na die bestanddele te gaan kyk.

Dinsdag:

Dinsdag was natuurlik Jeugdag gewees en sodoende het die jeug in die twee gesinne die taak gekry om ‘n tradisionele Italiaanse gereg aanmekaar te slaan. Stuur asseblief vir ons foto’s van hoe julle weergawe van die ete gelyk het.

Woensdag:

Na die gesinne vir twee aande in ‘n ry vleis-geregte moes maak vir aandete, was dit tyd om hul gesondheid in ag te neem en daarom moes hulle ‘n heerlike vegetariese lasagne maak. Wat dink julle van dié gereg?

Donderdag:

Vanaf kos wat tuis is in Italië, was dit ook tyd om tradisionele kos te maak wat eie is aan Suid-Afrika: Afval. Ons weet darem nou nie of ons bly sou wees om ‘n skaapkop op ons bord te sien nie, maar as jy daarvan hou – stuur gerus vir ons foto’s van julle afval-disse.

Vrydag:

Wat is dan ‘n beter manier om die week af te sluit as met hulle eie weergawe van ‘n Suid-Afrikaanse gunsteling wegneemete. Wie kan dan nou bros gebraaide hoender van die hand wys?

Watter van al hierdie geregte was julle gunsteling gewees? Laat weet ons deur dit hutsmerk #Kwarantyn te gebruik op Facebook, Twitter en Instagram. Maar onthou dat julle 24 uur per dag vermaak kan word deur die wel en weë van #SpanScheepers en #SpanLeRoux op kykNET kanaal 149.