Logo

Chris Barnard: ’n Legende sterf

Nuus
28 Desember 2015
Die bekende skrywer Chris Barnard is Maandagoggend oorlede aan ’n hartaanval.
Screen Shot 2015-12-28 at 11.41.55 AM
Die bekende skrywer Chris Barnard is Maandagoggend op die ouderdom van 76 oorlede aan ’n hartaanval.

Hy was bekend vir talle Afrikaanse prosa en draaiboeke. Dit sluit onder meer werke soos Moerland, Oulap se blou as ook televisie- en rolprentdraaiboeke soos Die storie van Klara Viljee, Die Wonderwerker en Onder draai die duiwel rond in.

Barnard word oorleef deur sy vrou, Katinka Heyns, en sy seuns, Simon, Johan, Stephan, Tian en Reghard.

In 2013 het Barnard en sy vrou op Kwêla verskyn om oor Die Wonderwerker te gesels.

Kyk na die onderhoud hier onder: