Logo

Carin spog met vele komplimente na haar Mooimaak-reis

Nuus
25 Februarie 2021
Carin was nog altyd baie skaam oor komplimente. Met haar nuwe voorkoms en hernude selfvertroue is sy reg om die nuwe hoofstuk in haar lewe aan te pak.
Carin

Carin en haar man, Danie, ken mekaar al van skooldae af en deel dus ‘n lang tyd saam se wel en wee. Onlangs het hulle ‘n nuwe avontuur saam aangepak, naamlik aftrede.  Aan die begin van hierdie nuwe hoofstuk van haar lewe het Carin die behoefte gevoel om selfvertroue in haar voorkoms te verbeter. Danie het wel nog altyd gedink sy is pragtig,  en sien haar nou, meer as ooit, as ‘n pêrel wat net mooier raak met die tyd. Na ‘n ernstige ongeluk waarin Danie amper sy bene verloor het, het Carin nie gedink hulle sal ooit weer saam kan dans nie, maar Clare en haar span het haar gewys dat daar altyd verrassings op die horison wag, maak nie saak wat jou ouderdom is nie. Om hulle veertigste huweliksherdenking te vier, het Clare en haar span gereël vir ‘n romantiese dag met juweliersware spesiaal vir Carin ontwerp en ook die mooiste rose van Checkers. Daarmee saam het hulle ook ‘n private tango les ontvang!

Jare se werkspanning en sonskade het hul tol geëis aan Carin se velvoorkoms. Laserderm het Carin se gesig en nek met ‘n kombinasie van hul Lumecca IPL en Morpheus 8-behandeling en CO2 Laser behandel. Die behandeling werk met fraksionele lig, naalde en lasertegnologie om sonskade soos die bruin vlekkies weg te vat en rooi aartjies op haar wange te verbeter , die Kollageen Stimulering was gefokus om Carin se oë en laer gesig veral om die nek.

Saam met hierdie behandelings het Carin die Lamelle Dermaheal-produkte gebruik. Dermaheal bevat groei-faktore wat kommunikasie tussen selle herstel. Die groei-faktore gee nuwe energie aan velselle en versnel die omset van nuwe selle, soos wat met jonger velselle natuurlik gebeur.

Die Lamelle Dermaheal-produkte is beskikbaar op die aanlynwinkel Dermastore.

Carin se tande was beskadig deur haar rookgewoonte, maar sy het gelukkig geneties sterk tande. JJS Dentistry kon dus intree om haar glimlag weer te herstel. Met die gebruik van 12 Emax-veneers op haar boonste tande asook harsverbindings en Phillips Zoom-bleiking op haar onderste tande, was Carin reg vir haar groot dag.

Carin was nog altyd baie skaam oor komplimente. Met haar nuwe voorkoms en hernude selfvertroue is sy reg om die nuwe hoofstuk in haar lewe aan te pak en weet sy nou hoe om dankie te se vir komplimente, want uiteindelik, glo sy die mooi dinge wat mense oor haar sê.

“My Mooimaak-reis was 'n ongelooflike ervaring. Ek was omring deur so baie omgee-mense.  Die raad en behandelings wat ek gekry het was so professioneel. Die Mooimaak span het my bederf met vel, tande, hare, permanente wenkbroue, 'n diëetplan en oefensessies. My Mooimaak reis het my weer laat besef dat innerlike en uiterlike skoonheid hand aan hand stap. Ek het besef dat as ons 'n seerpakkie saam met ons dra,  ons nie net daarop moet fokus nie en vrouwees steeds kan geniet. "What a great journey!" – Carin du Plooy

Mooimaak word met trots geborg deur Finbond Mutual Bank.

Skakel Donderdae om 21:00 in vir die nuutste Mooimaak-reis, en gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk #Mooimaak te gebruik.