Logo

Burn the Floor gaan temperature laat styg

Nuus
04 Mei 2016
Burn the Floor, die dansproduksie wat vir ’n revolusie in dans gesorg het, is terug in Suid-Afrika vir die vierde keer.
BURN THE FLOOR 1

Burn the Floor, die dansproduksie wat vir ’n revolusie in dans gesorg het, is terug in Suid-Afrika vir die vierde keer. Vertonings word gehou van 27 April tot 15 Mei in die Opera-teater van die Pretoriase Staatsteater, van 19 Mei tot 15 Junie in Kaapstad se Baxter-teater en van 8 tot 19 Junie in die Izulu-teater, Sibaya-casino, Durban.

Burn the Floor het in Maart 1997 ontstaan toe ’n groep dansers Latyns-Amerikaanse danse by die sanger Elton John se 50ste verjaardag in Londen uitgevoer het.

Dié produksie fokus steeds op baldans, maar die weergawe wat in Suid-Afrika te sien gaan wees, Burn the Floor: Fire in the Ballroom (gechoreografeer en vervaardig deur Peta Roby), beloof vele verrassings en gaan die gehoor in verwondering laat.

34 burn the floor 4

34 burn the floor 3

34 burn the floor 1



Dit het dieselfde rebelse gees as vorige vertonings, maar dié vertonings het ’n sterk rock-gevoel, met musiek van Santana, Janis Joplin, Christina Aguilera en Led Zeppelin.

Dance Partner Productions, in samewerking met Bernard Jay en kykNET, is trots daarop om Burn The Floor: Fire in The Ballroom na Suid-Afrikaanse gehore te bring.

Kaartjies is nou beskikbaar by www.computicket.com.

34 burn the floor poster