Logo

Braam sê weer ja vir liefde!

Nuus
04 Januarie 2018
Boer Braam was die afgelope tyd in ’n moeilike situasie gewikkel. Hier is wat hy te sê het oor sy onlangse liefdesteleurstelling.
BSB_Braam Billboard_2

Ek is beslis oop om weer liefde te vind en oor ek soveel van myself geleer het deur die program sal ek dinge bietjie rustiger vat as ek ’n nuwe vriendskap of verhouding aanpak.– Braam. Hy het dalk nie met ’n vrou weggestap nie, maar waardevolle lewenslesse geleer wat hy op sy pad vorentoe gaan gebruik. FOTO:  Donna Lewis

Boer Braam het ’n sosiale media-herrie ontketen ná Janine, een van die meisies wat op die plaas vir hom gekuier het, haar tasse gepak het. Janine wou die situasie verlaat het omdat sy meen dat sy en Braam “op verskillende plekke in hul lewens is”, en dat ’n verhouding nie op hierdie stadium gaan werk nie. Braam vertel dit help nie as hulle mekaar se tyd mors nie. “That’s life. Ek aanvaar dit so en ek sal maar aangaan met my lewe.”

Kyk hier hoe alleentyd op Braam se plaas verloop het

Die Boer Soek ’n Vrou-kykers was skoon ontstook namens die Oos-Londense tamatieboer en het dit op hulself geneem om vir hom in die bres te tree. Só lui Nadia Young se Facebook-inskrywing: “Janine het Braam se tyd kom mors, en die ander een het welwetend ingeskryf al bly hy so vêr. Nee jong, lyk my vandag skryf hulle net in vir die fun if it (sic).”

Nini Pienaar gooi ook haar stuiwer in die armbeurs: “Dis so selfsugtig om heeltyd te gebly het en geweet het sy wou nie daar wees nie! As jy nie reg is om na ’n plaas te trek en ’n aanpassing te maak met jou beroep/werk nie – MOENIE INSKRYF VIR BOER SOEK ’N VROU NIE!”

Vandeesweek is daar weer nuwe verwikkelinge op Braam se plaas. Met net Yola oor, vertel Braam vir Minki dat hulle besluit het om net vriende te bly. Yola gee toe dat dit grotendeels Braam se besluit was om dinge nie verder te vat nie.

“Ek dink ons moet altwee eers hierdie hele storie probeer verwerk. Dis eintlik my skuld dat hierdie hele storie nie mooi uitgedraai het nie,” verduidelik Braam.

Kyk die video hier. 

Braam het vir die kykNET-span vertel dat hy al van die Kaap af ’n spark met Janine ervaar het en nog nie met die ander twee dames nie.

Braam groet vir Anene

“Ek het nog steeds gevoel ek moet die ander dames ook ’n redelike kans gee om my beter te leer ken en ek vir hulle. Toe Janine besluit het om huis toe te gaan, het ek besluit om nog daai een aand saam met Yola te spandeer om te kyk of daar ’n kans is dat daar miskien ’n spark kan ontwikkel met tyd, maar dit was toe nie die geval gewees nie.” Hy gee toe dit kon ook die skok wees ná Janine die plaas verlaat het wat hom “laat toeslaan” het.

Hy wou Yola se gevoelens spaar en het die afstand-situasie opgebring om dinge gemakliker te maak op die kassie en hulle albei uit ’n “awkward-situasie” te red sonder om haar gevoelens op nasionale televisie seer te maak.

“Ek dink Janine het meer by my gepas oor ek en sy reeds ’n spark van die Kaap gehad het en oor ons baie dieselfde belangstellings gehad het.”

Tog gaan hy nie dat dié teleurstelling hom van stryk bring nie. “Ek kan vir ’n vrou baie liefde en stabiliteit in die lewe bied en sal haar op my hande dra. Ek is iemand wat weet wat ek in ’n vrou soek en as ek die regte een ontmoet het, sal ek als in my vermoë doen om haar gelukkig te hou en om haar gemaklik te laat voel. Ek is ’n baie lojale mens, so sy moet weet as ek eers 100% aan haar commit het dat daar nie vir my ’n plan B of C is nie. Net ’n plan A en dit is met háár.”

As Braam terugkyk meen hy dat van sy vorige verhoudings nie uitgewerk het nie omdat hy juis só ’n groot begeerte gehad het om sy sielsgenoot te vind dat hy oorhaastig was om te spring van ’n vriendskap na ’n verhouding. “Dit het die dames afgeskrik, so ek het met tyd geleer dat ek een dag op ’n slag moet vat en nie oorhaastig moet wees nie.”

Hier is van die lesse wat Braam geleer het:

Nie eens die feit dat Braam so plaasgebonde is en nie baie kan weggaan, kry hom meer onder nie. “Ek dink die blootstelling wat ek gekry het deur die hele Boer Soek ’n Vrou-proses gaan my beslis help om iemand te ontmoet, veral deur sosiale media en ook sommer net mense wat ek dalk iewers raakloop wat my gaan herken en met my wil gesels.”

Oor die liefde en die lewe, is hy verfrissend eerlik: “Ek is beslis oop om weer liefde te vind en oor ek soveel van myself geleer het deur die program sal ek dinge bietjie rustiger vat as ek ’n nuwe vriendskap of verhouding aanpak.”

’n Mens kan amper nie anders as om saam met die blouoog-boer te hoop dat daar binnekort liefde op die horison is nie.

Donderdag om 20:00 ontmoet die boere die dames se naastes – jy wil dit nie misloop nie! Volg ons op FacebookTwitter en Instagram, en gesels saam by #GroterBeterBoer en #BoerSoeknVrou