Logo

#BothaBeker en #NETdieBAL – SKOLE TOP 10

Nuus
09 Maart 2020
Die #BothaBeker en die #NETdieBAL uitdaging is ʼn splinternuwe inisiatief wat begin in die nuwe reeks van Skole Top 10.
<p>Skole Top 10 - Botha Beker</p>

Skole regoor Suid-Afrika wat verskyn op die program kry die geleentheid om deel te neem aan beide hierdie uitdagings, wat op kykNET NOU uitsaai.

Die #BothaBeker uitdaging is spesifiek gemik op die skool se rugbyspelers, met Naas Botha as ʼn trotse ambassadeur. Elke skool kies sy beste losskakel uit enige ouderdomsgroep, wat aan die uitdaging sal deelneem. 14 Ander spelers mag enige plek op die veld geplaas word om sodoende die bal terug by die losskakel kry. Net soos daar slegs een skopper mag wees, mag daar ook net een bal gebruik word. Die Skopper mag skepskop of stelskop van enige plek agter die kwartgebied. Die span het 1:30min om te kyk hoeveel keer die losskakel die bal tussendeur die pale kan deurskop. As die bal, in die losskakel wat skop se hande is voor die tyd verstreke is, mag die skop steeds waargeneem word. Die skool wat wen, sal uiteindelik die wenner van die #BothaBeker wees. Die losskakel wat die skoppe waargeneem het, sal ook ʼn ete met die legendariese Naas Botha wen!

#NETdieBAL is ʼn uitdaging gerig op die netbal dames van die skool. Een doel, uit enige ouderdoms groep, word deur die skool gekies om die doele te dien. Sewe ander spelers kan enige plek geplaas word om die bal terug by die doel te kry. Daar mag slegs een bal gebruik word. Die doel mag enige plek op die doelsirkel staan en het 1:30min om te kyk hoeveel keer sy die bal in die net kan kry. As die bal in die doel wat gooi se hande is, voor dat die tyd verstreke is, mag die doel steeds waargeneem word. Daar wag ʼn baie groot verrassing vir die wenners van die #NETdieBAL uitdaging, een wat beslis die mededinging werd is!

Hierdie uitdagings sorg vir baie pret. Dit skep ook spanwerk en spanbou tussen spanmaats, skool en mededingers. Die uitdaging gun skole die kans om hulle talente te onthul en wie weet, dalk kyk ons na die volgende Naas Botha, Morné Steyn of volgende Protea netbalspeler.

Produksie-bestuurder:

Aïda Wessels: [email protected]

Uitvoerende vervaardiger:

Francois Nolte: [email protected]

Produksie-assistent:

Nicela Kriel: [email protected]