Dinge begin nou warm raak! Ons vra ’n paar vrae aan elk van die Boer Soek ’n Vrou-kêrels. Is enigiemand spyt?
Hierdie artikel is ’n uittreksel uit kykNET se digitale tydskrif, Digityd. Lees die volledige artikel hier.
Hoekom wou jy inskryf?
My vriende was die grootste motiveerders. Maar dit was ook die kans om iemand te ontmoet buite die huidige sosiale kring en omgewing waarin ek beweeg.
Wat was tot dusver die moeilikste?
Die week op die plaas het my in alle opsigte getoets – dit was baie tough!
Wat het jy tot dusver die meeste geniet?
Die blitsafsprake. Om die idee wat jy rondom die brief en die foto gevorm het in die werklikheid te ervaar en daarvolgens op te tree.
Is jy al spyt jy het ingeskryf?
Nee, hoewel ek ’n baie private mens is en voel die reeks het my grense getoets.
Watter vrou is vir jou die ideale voorbeeld van ’n vrou, en hoekom?
Enige vrou wat gemaklik is met haarself. Iemand wat kan lag, trots is en selfrespek het. So ’n vrou kondig haar teenwoordigheid aan wanneer sy ’n vertrek binnekom sonder om ’n woord te sê.
Hoekom wou jy inskryf?
Dit het nog altyd vir my na ’n lekker ondervinding gelyk, en natuurlik is daar die hoop om iemand spesiaals te ontmoet met wie ek ’n lewenspad kan stap.
Wat was tot dusver die moeilikste?
Om die meisies huis toe te stuur, want almal was daar met hoop en ek is nie iemand wat mense wil teleurstel nie.

Die mense wat deel is van die program. Ons het almal van dag een af baie goed oor die weg gekom.
Is jy al spyt jy het ingeskryf?
Dit was die altyd maklik nie, maar ek is beslis nie spyt daaroor nie. Ek het dit as ’n voorreg gesien om deel te wees van die program waar jy so baie van jouself en ander mense leer.
Wat is jou idee van ’n romantiese aand?
Enigiets of enige plek met die regte persoon se geselskap.
Wat het jou laat besluit om in te skryf?
Ek het gedink dit sal ’n lekker ervaring wees – met die moontlike vooruitsig van ’n vrou in my lewe.
Wat was tot dusver die moeilikste?
Om jouself te wees. Ek is nie ’n akteur nie.

Die mense wat ek ontmoet het, en die braai op die plaas.
Is jy al spyt jy het ingeskryf?
Nee. Dit help nie om in die verlede vas te haak nie.

Ek dink die ideale vrou is ’n kombinasie van my ma en my drie sussies. Elkeen van hulle het die eienskappe wat enige man gelukkig sal maak.

Dit het eers as ’n grap by ’n braai begin, maar die idee het begin groei en ek het besluit ek het niks om te verloor nie. Wie weet, dalk loop ek my vrou in die proses raak…
Wat was tot dusver die moeilikste?
Ek dink die eerste dag in die Kaap toe ons die tien meisies ontmoet het!

Die week op die plaas – dis my plek, my comfort zone, en hulle het almal so goed ingepas.
Is jy al spyt jy het ingeskryf?
Glad nie. Ek het baie van myself geleer.

Ek moet nog ’n bietjie dink oor hierdie een…

Gaste op die plaas het my oorreed om in te skryf.
Wat was tot dusver die moeilikste?
Die feit dat hulle die heeltyd onderhoude met jou voer.

Om saam te kuier met al die verskillende karakters.
Is jy al spyt jy het ingeskryf?
So een of twee keer, maar oor die algemeen nie.

Ek dink nie daar is so iets soos ’n ideale maat nie. Dit is net iemand vir wie jy respek het. Iemand wat jou goeie én slegte eienskappe kan waardeer.
Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!
Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.
Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.

Leon-Fritz

Hennie

Johannes

Arno

Rob