Logo

Boer Soek ’n Vrou: So na ’n boer se hart

Nuus
11 November 2016
Die Boer Soek ’n Vrou-span besoek volgende week die plase. Ons het met die vroue gesels oor hoe hulle dink hulle daar gaan aard.

Die Boer Soek ’n Vrou-span besoek volgende week die plase. Ons het met die vroue gesels oor hoe hulle dink hulle daar gaan aard.

Lees meer oor vandeesweek se episode hier.

Die vroue wat Leon-Fritz saam plaas toe genooi het is gewoond aan die plaaslewe.

Chanté meen boer-wees is ’n “baie nederige beroep”.

Marna is nie gek oor die winkels nie, so gaan glad nie omgee om op die plaas te wees nie. Tanya verlang weer na kuiers op die plaas saam met haar familie oor naweke.

Die dames wat by Hennie gaan kuier is ewe opgewonde. Elizbé kén plaas, omdat sy self op ’n plaas grootgeword het. Marléne dink weer dis wat jy daarvan maak, terwyl Chantelle voel ’n mens gaan jouself kan wees in die oopte.

Arno se dames is dalk nie almal van ’n plaas afkomstig nie, maar is al drie versot op die natuur. Jenny vertel sy wou nog altyd op ’n plaas bly, Mareli dink sy sal goed aanpas en haarself op die plaas kan besig hou, terwyl Jacobu hou van die feit dat jy “áltyd” iets het om te doen – wat boonop niks kos nie.

Rob se dames kan hulself al daar síén. Maureen het op ’n melkplaas grootgeword en sien uit na die buitelewe. Estelle sal vir haarself ’n skuur wil bou, omdat sy self meubels maak. Elizna meen sy is kalm, rustig en beslis ’n natuur-mens.

Die twee vroue wat Johannes se plaas gaan besoek sien ook uit. Marga sien uit na geen verkeer en stilte. Danielle het ’n groot liefde vir diere en dink sy sal maklik aanpas.



Kyk ook hier wat dink Minki van die boere se keuses en hier vir wat die boere te sê het.

Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.


Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.