Logo

Boer Soek ’n Vrou: ’n Maat wat kan aard

Nuus
18 November 2016
Die vroue het hulself tuis gemaak op die boere se plase, maar wie dink die boere gaan die beste aard?

Die vroue het hulself tuis gemaak op die boere se plase, maar wie dink die boere gaan die beste aard?

Leon-Fritz het agter die skerms vir ons gesê dis moeilik om nou al een vrou uit te sonder. Hy dink egter al drie sal goed aanpas, omdat twee van die vroue die plaaslewe ken en die derde ’n passie vir diere en die natuur het.

Rob dink ook nie daar het al genoeg water in die see geloop nie, en soos wat ons dié boer nou al op die kassie leer ken het, is hy iemand wat die kat eers goed uit die boom wil kyk voor hy iets daaroor sê.

Die boere sê hul sê, maar wat dink die vroue ná dag een op die plaas? Kyk hier om uit te vind!

Arno het gesê Jenny is die een wat hy dink op hierdie stadium die beste gaan aanpas, omdat sy ’n “skaam ekstrovert” is, en hy daarvan hou.

Volgens Hennie is Elizbé die een wat die beste gaan aard, omdat sy van ’n plaas afkomstig is. Hy dink egter nie die ander twee vroue staan terug nie, en sal almal kan aanpas.

Johannes het weer gesê Danielle hou op hierdie stadium terug en dat Marga waarskynlik beter sal aanpas. “As sy eers op haar gemak is, dink ek sy gaan meer geselserig wees.”



Volg saam met ons die boere in hul soeke na liefde op die kassie, ons webblad en sosiale media!

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:30 op die kassie.


Herhalings word Vrydae om 13:30, Sondae om 10:00 en 21:30, Maandae om 10:30, Woensdae om 11:00 en Donderdae om 09:30 uitgesaai.