Die boere sê hul sê oor ideale bestemmings vir paartjies wat mekaar nog nie lank ken nie.
Derius meen dit gaan van elkeen se persoonlikheid afhang. Ignus stem saam: “Dit help nie jy vat die meisie bosveld toe as sy nou hou van die see nie.”
Dis verder belangrik vir ’n nuwe paartjie om iewers te wees waar hulle ’n plek kan verken, en nie heeltyd op mekaar se geselskap hoef staat te maak nie, sê Ignus. As dit van hóm afhang sal hy koers kies “Hartenbos se kant toe.”
Vir Christiaan is Hermanus “die perfekte plek” in die somer. Die Kalahari of bosveld is weer lekker om in die wintermaande te besoek.
Volgens PJ sal hy ’n plek kies waar daar verskeie aktiwiteite is om van te kies. In dié proses kan ’n nuwe paartjie mekaar beter leer ken.
Kyk die eksklusiewe video hieronder: