Logo

Boer Soek ’n Vrou: Die kat uit die boom kyk

Nuus
06 November 2015
In vandeesweek se episode van Boer Soek ’n Vrou het die boere hul drie kuiergaste beter leer ken deur ’n verskeidenheid aktiwiteite te beplan.
Screen Shot 2015-11-05 at 3.16.19 nm.
In vandeesweek se episode van Boer Soek ’n Vrou het die boere hul drie kuiergaste beter leer ken deur ’n verskeidenheid aktiwiteite te beplan.

Op Niel se plaas was die dames vroegoggend wakker vir koffie en beskuit. Niel het ’n vol dag vir die dames beplan en hulle moes warm aantrek voordat hulle vertrek het na die rivier om op ’n vlot mekaar beter te leer ken. Vir middagete het Niel anker aangeslaan en vir die dames gebraai langs die rivier.

“Ons het laataand koffie gedrink en lekker gekuier maar ek het nie baie lekker geslaap nie. Ek dink dis die senuwees wat pla,” het Niel gesê.



Op PJ en Ignus se plase het die kloue behoorlik uitgekom omdat hulle met groot katte gespeel het.

PJ het vroegoggend in die kombuis rondgeskarrel om vir die dames reg te staan. Daar was ’n geselligheid om ’n bordjie krummelpap voordat hulle vertrek het na ’n wildsplaas met katspesies. Hier het PJ die geleentheid gekry om die kat eers goed uit die boom te kyk.

PJ het gesê dat hy graag wil sien hoe die dames hulself handhaaf wanneer hulle nie op die plaas is nie. “Ek hoop om meer van hulle persoonlikhede raak te sien. Hopelik beïnvloed dit my keuse…”



Op Ignus se plaas het die emosies hoog geloop. Eers het hy die dames bederf met ’n spesiale sjampanje-ontbyt om sekere probleme onder die dames aan te spreek. Daarna het hulle vertrek na ’n reservaat om met jagluiperde te speel.

Ignus kon die dames bederf het met ’n spa-dag, maar volgens hom wou hy deel wees van die aktiwiteite. Hy geniet duidelik die buitelewe en daarom wou hy uitvind of die drie dames daarby sou aanklank vind. “Dis besonderse dames,” het hy gesê.



Derius is ’n man met ’n plan, en ’n boer wat nooit uit idees uit hardloop nie. Hy het die dames vroegoggend uitgeneem vir ontbyt. “Hulle ogies het geblink toe hulle hier aankom en sien alles is reg vir die sjampane-ontbyt op die dek by die rivier,” het hy gesê.

Daarna het hy die dames bederf met ’n besoek aan die plaaslike spa, terwyl hy die dorp deurkruis het met beplanning vir die volgende aand se aktiwiteite.



Ná ’n baie besige aand op Christiaan se plaas was die dames met koffie en beskuit gegroet in die kombuis. Daarna het hulle vertrek om bier te proe en later, om ’n smullekker middagete, was daar meer ernstige sake bespreek.

“Dis ’n baie moeilike keuse,” het Christiaan gesê. “Dis drie lieflike vroue en na regte dink ek eintlik sal elkeen van hulle op die plaas en by my aanpas.”



Op die plase stap die tyd vining aan en almal moet die meeste probeer maak van elke sekonde saam. ’n Mens het tyd nodig om die regte keuses te maak, veral as dit kom by sake van die hart. Volgende week groet elke boer een van die drie dames wat vir hom kom kuier het.

Boer Soek ’n Vrou is elke Donderdag om 20:30 op die kassie.