Logo

Boer Soek ’n Vrou: Die boere gaan op ’n uitstappie

Nuus
23 Oktober 2015
In dié week se episode van Boer Soek ’n Vrou het die boere op ’n uitstappie gegaan met die vyf vroue wat hulle verlede week ná die blitsafsprake gekies het.
BSV 4 Feature
In dié week se episode van Boer Soek ’n Vrou het die boere op ’n uitstappie gegaan met die vyf vroue wat hulle verlede week ná die blitsafsprake gekies het. Aan die einde van die dag moes die boere elk ’n moeilike keuse maak: Wie is die drie dames wat hulle plaas toe wil nooi?

Die fokus was op dinamiese groepaktiwiteite, gemik daarop om Ignus, PJ, Derius, Niel en Christiaan te help om drie dames uit te sonder wat hulle beter wil leer ken.

Die dames het ook die geleentheid gekry om die boere oor die ernstige kant van die lewe uit te vra.

Eerste aan die beurt was Derius, en hy en sy dames het begin met ’n speletjie waartydens hulle die bal (letterlik) aan die rol moes hou. Carmen het gesê dit was lekker om ’n smakie van Derius se humorsin te kry.

Derius meen hy het “genoeg gesien” om sy uiteindelike keuses te maak.

Ignus was volgende aan die beurt en moes die dames deur ’n soort doolhof lei. Chrizelda het gesê Ignus is nie iemand wat doekies omdraai nie; hy sê ’n ding nes dit is.

Later aan die eettafel het Ignus die kans gehad om die dames se verskillende persoonlikhede na vore te sien kom.

Volgens Niel was daar twee of drie dames wat leiding geneem het tydens die groepaktiwiteite. Om die tafel was die spanningslyn styf getrek. “Dis ’n moeilike tyd wat nou voorlê,” het Niel gesê.

Christiaan en sy dames moes mekaar so tussen die ballonne blaas deur beter leer ken. Die dames se persoonlikhede is dalk uiteenlopend, maar elkeen is besonders, meen Kalla.

Die dames het Christiaan later gevra hoe hy hulle uit sy briewe gekies het. Simoné het gesê sy sal by Christiaan pas, omdat hy nie op soek is na iemand wat kan brood bak nie.

PJ se dames was dit almal eens dat hy ’n ware heer is. Om die tafel was die atmosfeer gespanne, soos wat die tyd nader gekom het vir PJ om sy finale keuse te maak. Volgens hom is daar een dame wat vir hom uitstaan. “Ek weet nie of die ander dit oplet nie,” het hy gesê.

Derius het vir Carmen, Ninke en Maryke saam plaas toe genooi, en vir Salet en Andri huis toe gestuur.

Ignus se keuses is Chrizelda, Janli en Marli. Elshanté en Marlize bly agter.

Niel het vir Monja, Andrea en Loraine gevra om by hom aan te sluit. Carina en Melinda se reis het hier geëindig.

Eslia, Amalia en Simoné gaan vir Christiaan beter leer ken, terwyl Marian en Kalla agterbly.

PJ wil vir Noelle, Luzaan en Michán beter leer ken. Anke en Suzaan bly agter.

Hoe sal die boere alleen-afsprake benader? Kyk hieronder:



Kyk Boer Soek ’n Vrou, Donderdae om 20:30.