Logo
Boer soek 'n vrou
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144RealiteitPG13

Boer soek 'n vrou: 2024 se tien boere

Nuus
29 Oktober 2023
Sò skryf jy in as jy een van die 2024 se tien boere wil ontmoet!
Boer soek 'n vrou 2024 boere

Die aftel na die sestiende seisoen van een van Suid-Afrika se gewildste werklikheidsreekse het afgeskop met kykNET se onthulling van 2024 se tien boere vir Boer soek ’n vrou.

  • Agt mans en twee vroue onder deelnemers
  • Boere tussen 23 en 40 jaar oud
  • Sluitingsdatum vir briewe is middernag, 30 November 2023

Vanjaar se oes van deelnemers se ouderdomme wissel tussen 23 en 40, en die boere verteenwoordig sewe provinsies. Daar is ook twee vroue-boere, Sanel (39) van Dwaalboom en Lulani (40) van Philippolis, onder die top-tien.

Diegene wat vir een van die top-tien boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op 30 November ingedien word.

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan dit op een van die volgende maniere doen:

  • Besoek kyknet.tv
  • Besigtig die boere se profiele op die Afrikaanse maatsoek-app, KOER
  • Bel die vervaardigers, Wolflight, by 079 614 2229
  • Stuur ’n e-pos na [email protected]

Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per koerier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse:

  • Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X15, Somerset-Wes 7129
  • Boer soek ’n vrou, Coronation-laan 11, Somerset-Wes 7130.

Marciel Hopkins gaan vir ’n vierde keer Boer soek ’n Vrou aanbied, en die reeks sal van Julie 2024 op kykNET uitgesaai word. Kykers sal dan die boere se liefdesreis kan volg en oudergewoonte sal die reeks, wat uit 13 episodes bestaan, fokus op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het.

2024 se tien boere:

André, 31 (Vroulike pasmaat)

Vee-wild-en-pekanneutboer

Modimolle (Nylstroom), Limpopo

 

Daandré, 26 (Vroulike pasmaat)

Groente-boer

Brits, Noordwes

 

Hendri, 31 (Vroulike pasmaat)

Bees-skaap-en-olyfboer

Dewetsdorp, Vrystaat

 

Jacques, 26 (Vroulike pasmaat)

Skaap-en-beesboer

Venterstad, Oos-Kaap

 

Janco, 37 (Vroulike pasmaat)

Bees-skaap-en-wildboer

Colesberg, Noord-Kaap

 

JW, 23 (Vroulike pasmaat)

Appel-peer-en-skaapboer

Villiersdorp, Wes-Kaap

 

Lulani, 40 (Vroulike pasmaat)

Bees-en-skaapboer

Philippolis, Vrystaat

 

Niel, 30 (Vroulike pasmaat)

Saai-en-veeboer

Dannhauser, KwaZulu-Natal

 

Quintus, 38 (Vroulike pasmaat)

Vee-en-saaiboer

Winburg, Vrystaat

 

Sanel, 39 (Manlike pasmaat)

Dwaalboom, Limpopo

Boerdery: Wild & bees