Logo

‘Binge’ op Die Boekklub, slegs op ShowMax!

Nuus
03 April 2017
Die eerste seisoen van die Safta-bekroonde reeks, Die Boekklub, is nóú beskikbaar op ShowMax. Vang op voor die tweede seisoen afskop op 11 Julie 2017!
Die Boekklub

Daar is stories wat mens stadig, hoofstuk vir hoofstuk, wil ervaar en verwerk, en ander wat mens sommer op een slag wil inneem omdat jy móét weet wat aan die einde gaan gebeur. Watter soort storie is kykNET se trefferreeks, Die Boekklub? Met ShowMax kan jy self besluit, want al 13 episodes is vanaf 3 April vir intekenaars beskikbaar. Dus kan jy die hele reeks in een heerlike binge-sessie geniet – of jouself beperk tot een episode op ’n dag, sodat die plesier vir dertien dae hou.

Armand Aucamp, wat die rol van Tom Niemand vertolk, vertel meer:

Die Boekklub is een van die mees gewilde reekse nóg op kykNET, met karakters wat kykers se harte steel en storielyne wat enduit boei. Die rolverdeling sluit groot name soos Jana Cilliers, June van Merch, Paul du Toit, Christia Visser en Armand Aucamp in. Die storie speel dalk op ’n klein dorpie af, maar dit spreek groot temas aan. Die onbeskaamde hipster Tom beland na sy ouma se dood op Merweville. Hy moet teen sy wil op dié dorpie met ’n enkele teerpad aanbly, en raak dan – teen die agtergrond van sy ouma se boekklub – betrokke by die wel en weë van die gemeenskap, en elkeen se ontroerende storie.

Seisoen 2 van Die Boekklub skop 11 Julie af op kykNET kanaal 144 – so maak seker jy is reg daarvoor.

Klik hier vir ’n gratis toetslopie – wat wed ons jou jy gaan nie na een episode ophou kyk nie? 

Louis Pretorius, die skrywer en vervaardiger van Die Boekklub, gesels oor die karakters en die Karoo-dorpie waar dié reeks afspeel.