Logo

#BestOf21: Ons het dit nie sien kom nie

Nuus
22 Desember 2021
2021 was ‘n jaar van wendings en kinkels...
Beste twists – Best of 21

kykNET-programme het ons regdeur 2021 op die punte van ons sitkamer-stoele gehou. Ons het gelag, gehuil, geskree en na ons asems gesnak.

Loer hier na van die grootste wendings in vanjaar se programme:

Afgrond
Ons het geweet dat Basson 'n skurk is van die eerste episode van Afgrond. Maar Julia het nie geweet waartoe haar man in staat is nie...

Nêrens, Noord-Kaap
Kykers het bly raai hoe Katja oorlede is en hoekom Ronnie elke keer te diep in die bottel inkyk.
Maar niemand sou kon raai dat hy wel die oorsaak van sy ma se dood is nie...

Die Boekklub
Het julle hierdie sien kom?

Spoorloos
Joey het gelyk soos die perfekte tannie wat Adri/Rachelle onder haar vlerk sou inneem, maar haar ware kleure het vinnig begin wys.
Min het ons geweet dat sy die brein was agter die meester-plan om van Herman ontslae te raak...

Bly ingeskakel op die kykNET-kanale vir wêreldklas vermaak en gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram.