Logo
Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Lui Maar Op Belinda

144Komedie13

#BestOf21: Die liefde het geseëvier

Nuus
19 Desember 2021
2021 was ‘n uitstekende jaar gewees vir die liefde in jou gunsteling kykNET-programme.
Troues Article Image

Almal hou van ‘n gelukkige einde. Hier volg ‘n paar hoogtepunte van troues wat vir ons uitgestaan het in die laaste jaar.

 

8. Bibi en Jordan – Getroud met rugby

Bibi en Jordan het beide ‘n lang, moeilike pad gestap om mekaar te vind. Hulle troubeloftes was hartroerend gewees.

7. Nesie en Buks – Getroud met rugby

Buks het vir Nesie ‘n massiewe verrassings-troue gereël by Pottie’s – wie sou nou daarvoor kon ‘nee’ sê?

6. Lee-Ann en Tyron – Suidooster

Ruiterbosch se ‘golden couple’ het vanjaar uiteindelik man en vrou geword, maar die paadjie was nie altyd maklik gewees nie.

5. Annetjie en Frans – Lui maar op Belinda 2

Dié troue het ons weer laat glo in tweede kanse en dat dit nooit te laat is om jou pot se deksel te vind nie.

4. Lee-Roy en Wesley – Arendsvlei

Die troue van Lee-Roy en Wesley was beslis die mooiste troue wat ons nog gesien het in die ‘vlei.

3. Lillie en Tom – Die boekklub 3

Lillie se ouma, Anna het hulle vir ewig aan mekaar verbind in dié pragtige seremonie.

2. Vera en Piet – Die boekklub 3

Niks of niemand kon die huwelik tussen Vera en Piet stop nie. ‘n Bewys dat ware liefde altyd sal seëvier.

1. Shannon en Ronnie – Nêrens, Noord-Kaap

Alhoewel die huwelik tussen Shannon en Ronnie nie ‘n gelukkige einde gehad het nie, was die seremonie asemrowend gewees.

Bly ingeskakel op die kykNET-kanale vir wêreldklas vermaak en gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram.