Logo

ATKV-Mediaveertjies 2017: Media kry veer in die hoed!

Nuus
12 Mei 2017
Uitblinkers in die mediabedryf is op 12 Mei 2017 met die gesogde ATKV-Mediaveertjies bekroon.
ATKV-Mediaveertjies

Nie net is Afrikaans nie, maar ook die media, deurentyd onder skoot vanweë verskeie redes en diverse agendas. Maar Vrydagaand is daar vir ’n paar uur van die uitdagings en spertye vergeet en tydens die jaarlikse ATKV-Mediaveertjies gefokus op die belangrike rol wat die media in die samelewing speel.

Verskeie presteerders in die Afrikaanse mediawêreld is by die Lyric Teater, by Gold Reef City, met ’n ATKV-Mediaveertjie bekroon. Gaste is op luisterryke wyse deur Bennie Fourie en Lynelle Kenned, onderskeidelik gasheer en gasvrou vir die aand, vermaak. Hulle is bygestaan deur Charl du Plessis Trio en soliste. Die regisseur was Henriëtta Gryffenberg.

Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV, het die media bedank vir die rol wat hulle speel en die wyse waarop hulle hul beiteltjies (met verwysing na NP van Wyk Louw se bekende gedig) met verantwoordelikheid hanteer.

Volgens Gouws is die media se taak groter as om net na sirkulasiesyfers, na luister- of kykergetalle te kyk en ook groter as om net in te lig, op te voed en te vermaak.

“Die Afrikaanse mediawêreld, en die ATKV, het oor die jare getoon dat ons verstaan wat NP van Wyk Louw bedoel het. Dit wat die media doen, en dit wat die ATKV doen, slaag die toets wat die huidige tydvak in Suid-Afrika se geskiedenis van ons vereis. Maar ons sal ons beiteltjies moet aanhou slyp. Ons sal onsself moet aanhou vergewis, ’n beitel moet kan klip breek as hy ’n beitel wil wees. Dankie dat daar meer waarde uit die beitels spruit en minder skade. Vir Afrikaans, vir die media, vir Suid-Afrika is dit noodsaaklik.”

Vanjaar is daar in die volgende kategorieë meegeding: LEES, LUISTER en KYK. Digitale bydraes vorm deel van al drie kategorieë.

Die wenners is soos volg:

LUISTER

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram
Martelize Brink - Oggend op RSG: Yolande Korkie - RSG

Beste insetsel in ’n joernaalprogram
Johan van Lill - RSG Kunstefeesoggend: Die Luxurama - RSG

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram
Ivor Price & Anita Visser - Monitor - RSG

Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram
Izak du Plessis & Melissa Tighy - Monitor & Spektrum: Lambertsbaai se vissers - RSG

Beste joernaalprogram
Martelize Brink - Seks en jy - RSG

Beste nuus- of aktualiteitsprogram
Suzanne Paxton - Monitor: Aardklopgespreksreeks Alzheimers - RSG

Beste dokumentêre program of programreeks
Christelle van Tonder - Jonk, swart & Afrikaans - RSG

Beste insetsel in ’n opvoedkundige program
Johan van Lill - Ons en die onderwys: Tegnologie in die klaskamer - RSG

Beste teks vir ’n radiodrama of –teater
Martyn le Roux - Dagboek van ’n wurm - RSG

Beste regisseur van ’n radiodrama of –teater
Renske Jacobs - Dagboek van ’n wurm - RSG

Beste aktrise in ’n radiodrama of –teater
June van Merch - Sarah Baartman - RSG

Beste akteur in ’n radiodrama of –teater
Paul Lückhoff - Dagboek van ’n wurm - RSG

Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie
Su-an Müller-Marais - Su-an en so aan - GROOTfm 90.5

Beste aanbieder by ’n kampusradiostasie
Charonike Nel - Rooiwynsondag - PUKfm 93.6

LEES

Beste in-diepte artikel
Willem van der Berg - Laat jou ysterwiele rol (en rol) Weg

Beste ondersoekende joernalistiek
Suzanne Venter - Gestremdes-skandaal - Rapport

Beste persoonlikheidsprofiel
Hanlie Retief - Apartheid was ’n familiekwaal - Rapport

Beste kunste-artikel
Hanlie Retief - Die vrou in die storie is sy - Rapport

Beste leefstyl-storie
Willem van der Berg - Niemandsland het reënt gekry - Wegry

Beste essay, rubriek of opiniestuk
Ivor Price - 16 Junie 1990: Vakansie in sepia - Beeld, Die Burger & Volksblad

Beste sportartikel
Sophia van Taak - Ruiters van die windjie - Weg

Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant
Die Pos/The Post - Redakteur: Keina Swart

Beste kampuskoerant
Die Matie - Redakteur: Eugenie Gregan

KYK – VERHALENDE GENRES

Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama
Louis Pretorius - Die Boekklub

Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama
Quentin Krog - Die Boekklub

Beste dramareeks of enkeldrama
Louis Pretorius & Albert Snyman - Die Boekklub

Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama
Gérard Rudolf - Vryslag

Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama
June van Merch - Die Boekklub

KYK – AKTUELE GENRES

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram
Nina Swart - Jou storie met Nina - Via

Beste insetsel in ’n joernaalprogram
Hein Scholtz - Kwêla: Illustreerder Leon se storiemuis - kykNET

Beste joernaalprogram
Leroux Botha & Nina Swart - Flori & Koelsoem se kosse - Via

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram
Waldimar Pelser - KN Verslag in gesprek - kykNET

Beste insetsel in ’n aktualiteitsprogram
Alet Wright - Fokus: Amor van der Westhuyzen - Joey Haarhoff se dogter - SABC 2

Beste nuusinsetsel
Ulrich Hendriks - SABC Nuus: Antieke Taal - SABC 2

Beste nuus- of aktualiteitsprogram
Wynand Dreyer & Christelle Parrott - Megaboere: Abraham van Rooyen - kykNET

Beste dokumentêre program of programreeks
Doreen Morris - Driekuns - Via

Beste vermaaklikheidsprogram
Jaco Spies - Raai wat is toegedraai - Via

Beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram
Sean-Marco Vorster - Pasella - SABC 2

Die mediawêreld lewer ook jaarliks nuwe, opkomende talent op wat groot belofte vir die toekoms inhou en daarom het die ATKV ook vanjaar ’n opkomende joernalis vir sy/haar bydrae vereer.

Vanjaar se waardige wenner was Cyril Blackburn van Maroela Media. Die beoordelaars, Elna Rossouw en Wilma de Bruin, is dit eens dat sy onderhoude met mense oor ’n verskeidenheid van onderwerpe getuig van al die kwaliteite wat ’n redakteur in ’n gesoute joernalis soek. “Hy skryf in die mooiste Afrikaans, het ’n fyn waarnemingsin en kry dit reg dat mense hul harte vir hom oopmaak.”