Logo

Amptelik op die plaas – Boer soek 'n vrou 12

Nuus
14 Januarie 2020
Ons het by Hentie en Hantie gaan inloer.
<p>Grilne (2)</p>

As daar nou een paartjie was wat ons op ons tone gehou het gedurende die twaalfde seisoen van Boer soek ’n vrou was dit beslis Hantie en Hentie. Van spanning tussen pasmaats en dan nog Hester se onverwagse vertrek van die plaas en twee name wat te na aan mekaar klink (LOL)... Boer Hentie en Hantie het bewys dat ware liefde enige iets kan oorkom.

DINGE WAS NIE ALTYD SO MAKLIK OP BOER HENTIE SE PLAAS NIE (KLIK VIR MEER)

Boer Hentie het altyd gepraat oor die sparks waarna hy soek. Dié vonke het blykbaar behoorlik gespat toe dié twee uiteindelik alleen tyd op die plaas kon spandeer. Dit was duidelik dat die paartjie geen twyfel oor mekaar gehad het nie.

Hentie was só seker dat Hantie Die Een was dat hy haar gevra het om plaas toe te trek. Hantie het toe in die middel van Desember van Pretoria na Clanwilliam toe verhuis. Toe ons weer by hulle in loer kon ons sien dat dinge baie goed gaan en dat hulle albei uitsien na die pad vorentoe.

Met so ’n einde aan hulle liefdesverhaal, sê Hentie dat hy beslis dié reeks sal aanbeveel aan dié wat nog hoop het vir liefde. Wie weet – dalk moet ons een van die dae weer Clanwilliam toe reis vir ’n troue! Vir nou moet ons net oefen om Hentie van ons Hantie af te ken...