Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Almal rou hierdie Desember – Arendsvlei

Nuus
01 Desember 2020
Desember is ’n tyd van hoop en liefde, maar dié jaar is dit trane en onbeantwoorde vrae in Arendsvlei.
Untitled design

Die gemeenskap is nog diep geskok oor nóg ’n dood in die dorp en soek antwoorde. Arme Beatrice (Jolene Martin) is aan die anderkant van die Kaap as sy die nuus hoor en moet maar vertroosting soek by ’n vreemdeling – ’n vreemdeling wat baie gou meer as net ’n vriend raak. Terwyl almal treur, sit Gertie (Celeste Matthews-Wannenburgh) en Johnny (Joseph Mitchell) weer vas.

Dít ná Pieter van Schalkwyk (Ivan Abrahams) op parool vrygelaat word. Johnny en Pieter raak sonder Gertie se wete vriende. Johnny weet natuurlik nie wie Pieter rêrig is nie en verstaan nie hoekom Gertie ontsteld is nie. Dié arme paartjie kry ook nooit ’n break nie.

Op ’n ligter noot begin Petra haar eie onderneming, maar dis nie sommer enige besigheid nie. Sy het besluit om ’n sekswerkswinkel vir die mense van Arendsvlei aan te bied. Sy soek dae lank na ’n geskikte venue, maar besluit uiteindelik om dit by Hoërskool Arendsvlei te doen sonder om vir enigiemand te vertel. Wat gaan die beheerliggaam doen as hulle uitvind ’n sekswerkswinkel word by die skool aangebied?

Arendsvlei saai Maandae tot Donderdae om 20:00 vanaf 28 September op kykNET & kie (DStv-kanaal 145) uit.