Die reis op soek na die volgende groot, Afrikaanse treffer is een stap nader aan die eindpunt! Die vyfde en laaste Afri-Visie-episode is Maandag 27 April op kykNET uitgesaai en die fokus verskuif nou na Woensdag 29 Mei se aflewering van Kwêla waar die Top 10-deelnemers aangekondig sal word.
Die musiekvideos van die laaste episode het weer eens nie teleurgestel nie. Elke regisseur het ’n meesterstuk gemaak van die afsonderlike komponente: liedjie, skrywer en kunstenaar.
Die tyd het nou aangebreek vir kykers om hul stemme dik te maak en van hulle te laat hoor. Jou stem kan beteken dat jou gunsteling die verhoog kan deel met Kurt Darren, of uitmis op dié platform wat sy/haar loopbaan onherroeplik sal verander.
Die wenner word op Sondag 3 Mei tydens ’n glansgeleentheid by die Grand West Casino in Kaapstad gekroon. Maak gebruik van die geleentheid om te kom skouers te skuur met die room van Afrikaanse musiek. Jy mag dalk selfs jou gunsteling Afri-Visie-deelnemer persoonlik ontmoet. Besoek nou jou naaste Computicket-kiosk, of bespreek kaartjies aanlyn om te verseker dat jy hierdie spesiale geleentheid kan bywoon. Sien jou daar.
Hou intussen die gesprek aan die gang en onthou om van die hutspunt #HoorMyLied gebruik te maak wanneer jy die Facebook- en Twitter-platforms betree.

- Vir meer besonderhede oor beskikbaarheid van kaartjies volg die skakel http://bit.ly/1NAOJvZ.
- Maak ook seker jy weet presies hoe om te stem vir jou gunsteling-liedjie http://bit.ly/1G45LDK
- Gebruik die skakel http://bit.ly/1BF1sY7om na die Top-26 liedjies te kyk.