Nico Panagio is die aanbieder van Afri-Visie, met Joe Niemand, Pierre Greeff en Loyiso Bala as beoordelaars. Leer hulle beter ken.
Nico Panagio is ‘n Suid-Afrikaans-gebore akteur, aanbieder en besigheidsman van Griekse oorsprong.
Hy is reeds vir 15 jaar doenig in die vermaaklikheidsbedryf en het gesig gewys in verskeie suksesvolle verhoogproduksies, televisie-dramas en loketttreffers.
Sy passie vir kinderveiligheid en bestryding van mensehandel is welbekend en hy dien as besturende direkteur van Missing Children SA.
Hy geniet bergfietsry en veldloop (trail running), is ‘n koffiekenner en ‘n groot aanhanger van sjokolade en Ierse whiskey.
Hy is getroud met sy sielsgenoot, Christi, en het twee pragtige, aangenome dogters.
BEOORDELAARS
Joe Niemand
Bekroonde liedjieskrywer en kunstenaar Joe Niemand se pragtige stem dien as kenmerkende eienskap van al sy kundig-vervaardigde werke.
Die gemoed van sy tien albums wissel soomloos van intiem en akoesties tot orkestraal en uitdagend.
Alombekend as een van Suid-Afrika se belowendste en gevierde talente, is die harmonie-held se musiek ook reeds bekend wêreldwyd.
Loyiso Bala
Loyiso Bala is as tiener klassiek-opgelei en vorm deel van die bekende Drakensberg Seunskoor.
Loyiso was bevoorreg om reeds saam met ‘n uitgelese groep kunstenaars op te tree. Onder hulle tel Stevie Wonder, Aretha Franklin, John Legend, Brian McKnight, Sir Elton John, Will Smith en Akon.
Die optredes wat hom egter na aan die hart lê bly legter die waar hy bekendes soos Nelson Mandela, Richard Branson, Gordon Brown, Bill Clinton en Oprah Winfrey vermaak het.
Bala het ook gedien as vervaardiger en mede skrywer van Idols VI wenner, Lloyd Cele se debuutalbum getiteld One. Die kreatiewe spanpoging het aan Cele sy eerste SAMA in die beste Pop Album kategorie besorg.
‘n Talentvolle liedjieskrywer wie se reputasie hom toelating tot die direksie van SAMRO (Die Suid Afrikaanse Musiekregte Organisasie) verseker het.
Loyiso deel ook van die suksesvolle groep, Bala Broers, saam met sy twee ewe talentvolle broers. Hou die pers dop vir hulle groot sprong na die Amerikaanse musiekverhoog na aanleiding van geslaagde onderhandelinge met Warner Brothers Records.
Pierre Greeff
Pierre is ‘n sanger en liedjieskrywer, oorspronklik van Bellville in die noordelike voorstede van Kaapstad.
Hy is die hoofsanger van die Afrikaanse Alternatiewe, Pop-Rock groep Die Heuwels Fantasties.
Saammet Hunter Kennedy van aKing-faam is hy ook die dryfkrag agter Supra Familias, ‘n boetiek platemaatskappy. Die handelsmerk was al verantwoordelik vir die vervaardiging en verspreiding van albums deur Jack Parow, Van Coke Kartel en Ashtray Electric.
Die Heuwels Fantasties het in 2008 tot stand gekom toe beide Greeff en Kennedy besig was om ‘n blaaskans te neem van hulle destydse groepe.
*Action Motor Group Krugersdorp is 'n trotse borg van Afri-Visie.