Logo

Afri-Visie laat musiekbedryf gons

Nuus
09 April 2015
Die afwagting op sosiale media is tasbaar en die dae word afgetel totdat die wenner aangekondig word.
Afri-Visie Promo
Afri-Visie het die musiekbedryf aan die gons, en dit het by die publiek posgevat dat dié program nie ’n Afrikaanse weergawe van Idols is nie. Die fokus is eerder op die liedjies en die skrywers daarvan.

Op Maandag 6 April kon kykers hoor wat die beoordelaars te sê het en meer oor die eerste sewe liedjies (daar is 26 wat meeding) en die skrywers uitvind. Die beoordelaars het self die gekose skrywers met die goeie nuus verras en dié beeldmateriaal het vir hope opwinding gesorg.

Die kersie op die koek was egter die musiekvideo’s en ’n agter-die-skerms kykie na die kreatiewe proses wat tot die skep van die eindproduk gelei het. ’n Groep ontluikende regisseurs het dié taak uitgevoer, en die konsep van elke liedjie is met die ideale akteurs, gepaste temas en die regte stemming gekombineer.

Die afwagting op sosiale media is tasbaar en die dae word afgetel totdat die wenner aangekondig word. Die groot dag is Sondag 3 Mei en kaartjieverkope vorder fluks.

Vir meer oor die beskikbaarheid van kaartjies, kliek hier.

Maak seker jy weet presies hoe om vir jou gunsteling-liedjie te stem.

Kyk weer na die top-26 liedjies hier.

34 page2


*Action Motor Group Krugersdorp is 'n trotse borg van Afri-Visie.