Logo
Fraksie Slim BB
web uni tv guide

Fraksie

144Drama13 VL

Abduragman en Ilse: Ikoniese veterane – Fraksie

Nuus
29 November 2022
Abduragman Adams en Ilse Klink vertel meer oor hulle rolle en planne vir 2023.
Abduragman Adams en Ilse Klink

Abduragman Adams en Ilse Klink het tussen hulle dekades se ondervinding in amper elke genre in die vermaakbedryf. Beide is ook nou te sien in Fraksie as onderskeidelik Marlo Minaar se pa en skoonma. Hulle vertel meer oor hulle rolle en planne vir 2023.

Abduragman Adams, wat in reekse soos Soutmansland en Known Gods was en veral bekend is as Ian October in Suidooster, is ’n akteur wat respek afdwing met sy talent en daardie diep stem wat nie misgeluister kan word nie. In Fraksie speel hy die rol van Gerald, Tim (Marlo Minnaar) se pa.

Wat het jy die meeste van Gerald geniet?

Gerald se duality. Hy is ’n baie cool ou. Vriendelik en ’n vrygewige gees. Al is hy ’n voltydse gambler.

Fraksie het ’n groot, sterk rolverdeling. Wat het vir jou uitgestaan? 

Jy bedoel seker wie het vir my uitgestaan. What a stellar cast! Was wonderlik om saam met Suid-Afrika se beste op stel te wees. Ek wou nog altyd teenoor Marlo Minnaar en Ilse Klink speel.

Sien jy jouself as ’n mentor vir jonger spelers? 

Op stel is ek net jou kollega. Ek speel nie graag director oor mede-spelers nie. Not my place or space to do so. Tog, as ’n jonger speler advies soek, gee ek dit. En ja. Ek is seker vir sommige ’n mentor.

Verdien mense soos Gerald ’n tweede kans?

Gerald glo hierdie is sy tweede kans. Hy wil sy verhoudig met Tim heal. Net ’n pity hy gamble soms …

Wat is jou planne vir 2023? 

Ek gaan weer by AFDA in Kaapstad klas gee. My werk saam met Zabalaza Baxter Festival as mentor gaan voort. En dan shoot ek The Umbrella Men II en nog ’n ander TV-reeks.

Ilse Klink se talent as aktrise en sanger het haar al na groot verhoë in Suid-Afrika én die buiteland geneem. Sy was onlangs in Spoorloos: Die eiland en is op die oomblik in Adventures in Pantoland, Janice Honeyman se pantomine wat in die Joburg Theatre te sien is. In Fraksie is sy Judy, Chantel (Crystal-Donna Roberts) en Anel (Gerwen Simon), se ma.

Wat het jy die meeste van Judy geniet? 

Ek het gehou van haar kalmte en die feit dat sy altyd soos ’n wyse uil was. Sy’t altyd antwoorde gehad en sy het ’n goeie verhouding met haar dogters wat enigiets met haar kan bespreek. Sy is altyd daar vir almal.

Fraksie het ’n groot, sterk rolverdeling. Wat het vir jou uitgestaan? 

Ek het gehou van Marlo Minnaar se spel. Ek het meestal met hom gewerk en dink hy is ’n baie sterk speler. I have a lot of admiration for Marlo because he is a very brave actor. Dit is wat deesdae sien van mense soos hy. Hulle staan uit omdat hulle nie bang is om groter te gaan as wat die rol verwag nie. Ek dink dit is omdat hy ’n verhoogakteur is en dit is wat hom so braaf maak.

Sien jy jouself as ’n mentor vir jonger spelers? 

Ja, ek sien myself as ’n mentor. Selfs al dink jy jy is nie, is jy. Hulle kyk die hele tyd vir jou. Ek het al baie van jong akteurs gehoor wat geintimideer voel en ewe skielik besef hulle wat hulle werd is. Hulle oë is die hele tyd op jou omdat jy langer in die bedryf is. Ek hou daarvan om advies te deel met jonger akteurs. Ook net as hulle vra, want jy wil nie hê hulle moet lesser than you voel nie. As jy in ’n stuk saam met ander spelers is, het hulle elkeen verdien om daar te wees. You are not better than them. Maar as iemand vir my raad vra, deel ek dit graag.

Wat kan kykers verwag van die laaste episodes van Fraksie? 

Ek het nie die al die episodes gekry nie en sal saam met die kykers moet wag om te sien wat gaan gebeur.

Wat is jou planne vir 2023?

Hopelik doen ek ’n TV-reeks saam met dinamiese nuwe producers, maar ek kan nog niks daarvan sê nie. Dan is daar ook ’n moontlike teaterstuk waaroor ek opgewonde is.

Fraksie word Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.