Logo
Kyk Wie Praat Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Kyk Wie Praat

144KompetisiePG

Aandag alle grootmense! – Kyk wie praat

Nuus
12 Junie 2023
Die tyd vir volwassenes om in te skryf, het aangebreek.
kyk wie praat article image cte adults

Ons is terug met ‘n nuwe seisoen van “Kyk wie praat”.

Die klas van 2023 is gereed en nou is ons op soek na jou!

Kan jy raai wat in ons kinders se koppe aangaan? Sal jy die antwoorde kan reg voorspel wat ons vir die klein klitse tussen die ouderdom van ses en nege vra? 

Skryf in en staan ’n kans om deel te wees van Kyk wie praat se derde seisoen: ’n kykNET-speletjiesprogram met kinders – vir grootmense. 

GROOT kontantpryse en HOPE pret is op die spel. (Daar is R100 000 vir die algehele wenner plus tot R20 000 vir elke episodiese wenner.)

Hoe om in te skryf: 

1)    Stuur vir ons ‘n e-pos met jou naam en van na [email protected]

2)    Jy sal ‘n outomatiese boodskap ontvang, wat vir jou al die inligting sal gee wat nodig is om in te skryf (wat ‘n aanlynvorm en ‘n oudisie-video insluit).

Ons is kinderlik opgewonde om jou inskrywing te ontvang. Inskrywings vir kinders is reeds gesluit en die inskrywings vir volwassenes sluit 3 Julie 2023.

 

Bepalings en Voorwaardes

Deelnemers moet Afrikaans kan praat en verstaan.

Deelnemers moet ouer as 18 jaar oud wees en ‘n RSA burger wees, Namibië ingesluit. Geen inskrywings sal aanvaar word na die sluitingsdatum, 3 Julie nie. 

Deelnemers moet beskikbaar wees vir 1 tot 2 dae se opnames tussen 6 Augustus - 17 Augustus 2023 in Kaapstad.

Die epos waarheen oudisies gestuur word, word gemonitor en inligting word beskerm deur een gemagtigde persoon.

Alle inskrywings sal deur ‘n keuringsproses gaan.

As jy nog niks van ons gehoor het teen 12 Julie nie, was jou inskrywing ongelukkig onsuksesvol.

Video’s mag nie langer as 3 minute wees nie en word slegs vir interne oudisies gebruik.

"Google Forms" sal ‘n outomatiese boodskap stuur as jou inskrywing ontvang is. Jy hoef dus nie op te volg nie.

Indien jy enige navrae of probleme het met die aanlynproses – Kontak gerus die "Kyk wie praat"-span op 082 482 9878.