Logo
Slim Billboard Desktop 1600x160
web uni tv guide

Nêrens, Noord-Kaap

144Drama

5 dinge wat uitgestaan het in episode 2 van Nêrens, Noord-Kaap

Nuus
09 September 2021
Nêrens, Noord-Kaap saai elke Dinsdag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uit en is ook op DStv Catch up beskikbaar.
Nêrens, Noord-Kaap Episode 2

Poskaarte teen ’n muur
In die eerste episode is Andries (De Klerk Oelofse) woedend met ’n rugsak en ’n paar van sy ma se koekblikke weg van die plaas. Maar in die tweede episode is dit duidelik dat hy nog nie geheel en al die band tussen hom en sy pa Lourens (Frank Opperman) gesny het nie. Wanneer ’n poskaart van Andries opdaag en ons die mure sien waar Lourens al die poskaarte deur die jare opgeplak het, kan mens sien dat Lourens intens na hierdie jongste seun van hom verlang. Later sê Maggie (Ilse Klink) vir Lourens: “Hy skryf nog. Beteken nie niks nie”. Teen die einde van die episode besef jy Andries verlang net soveel soos sy pa ...

Kan een mens so dom wees?
Al die tekens is daar dat Lorrie meer as vriendskap van Frans wil hê. Jan-Jan (Dean Balie) kan dit sien en Maggie kan dit sien, maar hoekom is Frans so blind?

Geboortegrond
Vir die Adendorff-broers is Nêrens hulle geboortegrond, maar wat is Nêrens vir Maggie en Jan-Jan? Wanneer Jan-Jan se vrou Chrissie (Bianca Flanders) vir hom sê: “Al die wol in die wêreld gaan jou nie ’n Adendorff maak nie,” kan jy sien dit sny diep.

Meer as net ’n kombers
Wanneer Ronnie (Albert Pretorius) by die swemgala woedend die kombers onder Shannon (Natalie Robbie) en haar nuwe man Ryan (Francis Chouler) uitpluk en boonop die groot vernedering daarna, kry jy saam met klein Lourens (Arnold Swart) skaam. Later in die episode besef jy egter dat die laslap-kombers met die geborduurde ridder meer as net ‘n “bloody blanket” is.

Meneer Adendorff is my pa se naam
Ronnie, met sy ma se ridder-kombers om sy skouers, huil laat in die aand soos ’n wolf vir die maan en kort voor lank is die polisie by sy voordeur. Is dit die laaste wat ons van die polisievrou Suzette (Daneel van der Walt) gaan sien?

Nêrens, Noord-Kaap saai elke Dinsdag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uit en is ook op DStv Catch up beskikbaar.