kyknet channel logo

Ons Sprokiesbruilof: Tant Koek se hoenderhaan

Nuus01 Junie 2017
Schalk Bezuidenhout gesels oor die tergery tydens ’n bruidegom se toespraak.
Ons Sprokiesbruilof

Foto: Woordfees/Antonia Steyn

“Hy lyk vir my so baie na Tant Koek se hoenderhaan!” ’n Mens hoor hierdie, en ander gespot met die bruidegom, by baie Afrikaanse troues, en natuurlik soms op Ons Sprokiesbruilof. Schalk Bezuidenhout het sy insigte oor hierdie vreemde tradisie gedeel.

Schalk, wat dink jy van hierdie praktyk?
Ek is ’n fan van tradisies. As dit in goeie smaak gedoen is, dan is dit iets wat die bruidegom en almal by die troue actually fondly sal onthou.

Is ’n bruidegom wat ’n toespraak moet maak soortgelyk aan ’n komediant wat deur onbedagsame gehoorlede getart word?
As ouens jou heckle as ’n komediant, is dit een of twee, nou en dan. Hierso is dit soos tien ouens en hulle is uit daarop om jou te heckle so veel as wat hulle kan. As komediant, glo ek jy moet hulle maar terughap na die beste van jou vermoë. As dit kom by ’n bruidegom, is die ding vir hom seker maar net om deur te druk en net by die einde van sy toespraak uit te kom.

Dink jy hierdie troue-hecklers is altyd suksesvol om die bruidegom van koers af te gooi?
Ek was al by troues waar dit kom by waar hulle goed moet uitskree, maar hulle het nie regtig enigiets witty om te sê nie. Partykeer is dit baie meer awkward vir hulle as vir die bruidegom.

Waarvan het jy al getuig, terwyl die bruidegom in die spervuur was? 
Ek was al by ’n troue waar die bruidegom gehuil het... Maar dit was omdat hy emosioneel geraak het oor hoe lief hy is vir sy meisie.

En as die bruidegom regtig nie kans sien vir die skertsery nie?
Mense moet maar net opstaan vir hulself. As jy dit nie by jou troue wil hê nie, moet jy voor die tyd vir jou pelle kan sê, ‘guys ek weet dit is ’n tradisie, maar not for me.’ As jy voel jy is daardie tipe boy-tjie wat so iets sal geniet, dan sê jy, ‘okay boys, gooi’.

Wanneer gaan hierdie draakstekers te ver?
Wanneer ekse opgebring word.
Enigiets wat die bruid kan ongemaklik laat voel oor haar looks.
Ek dink ’n mens kán pret hê met suggestiewe jokes oor die honeymoon, maar in goeie smaak.

Ons Sprokiesbruilof is Donderdae om 20:30 op kykNET (kanaal 144). Bly hier op hoogte en gesels saam op sosiale media – op FacebookTwitter (gebruik die hutsmerk #SprokiesBruilof), Instagram en WeChat (gebruik die WeChat-ID kykNETtv om kykNET as ’n “vriend” by te voeg).