Logo
Anzel In Die Boland 1600x160 Slim Homepage
web uni tv guide

Anzél In Die Boland

144ReisprogramPG

Anzél kuier weer in die Boland

Nuus
08 Desember 2020
Anzél Stofberg-Rabie en haar span is terug vir nog ‘n reeks van Anzél in die Boland.
Anzel In Die Boland 1600x640

Die reeks, wat uit dertien episodes bestaan, gaan hierdie keer versteekte skatte in dorpe soos die Paarl, Franschhoek, Riebeek-Kasteel, Malmesbury, Robertson en Hermanus ontdek. 

Anzél en haar man, Stephanus, wat al twintig lande saam besoek het, was nog altyd lief vir reis. Sy het selfs al in Toronto, Kanada en in Kalifornië, Amerika as ouditeur gewerk. Tog is dit die Boland wat haar hart steeds die vinnigste laat klop.

“Dis spesiaal vir my om die Boland, wat só na aan my hart lê, met die mense van ons land te kan deel,” sê sy. “Soos met die eerste, is die nuwe reeks ook propvol kos, wyn en kultuur. “Ons gaan in die berge stap, fietsry, wyn drink en betekenisvolle gesprekke voer.”

Daar is ‘n heel paar interessante gaste wat deel van die nuwe reeks is. “Ek kuier saam met die Olimpiese-swemmer Ryk Neethling, ek gaan vir ‘n draffie saam met Elana Meyer en Martin Venter gaan vertel hoe hy sy drome om Val de Vie, die sekuriteitslandgoed buite Fransschoek, te vestig en te groei tot wat dit vandag is,” sê Anzél.

In die eerste episode besoek Anzél die Swartland en kuier sy saam met die wynmaker Adi Badenhorst en sy familie op Kalmoesfontein. Hier gaan sy nie net meer van wyn leer nie, maar ook hoe om tequila te stook, kappertjies te pluk en veel meer. Spice Route buite Stellenbosch en Charles Back, eienaar van Fairview, is onder meer deel van die tweede episode.

Het jy geweet? Anzél is ‘n gekwalifiseerde CA(SA). Hierdie slimkop was ook ‘n Mej. SA-finalis in 2014, is lief vir tuinmaak, geniet die buitelewe en het die Comrades-marathon al twee keer voltooi.

Anzél in die Boland word met trots geborg deur Val de Vie. Die eerste episode van die tweede reeks word op Donderdag 7 Januarie 2012 om 17:30 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.