kyknet channel logo
Dis Tyd Page Bill

UIT

Tiyana - Lee

My naam is Tiyana-Lee Stemmet, en ek staan onder my vriende bekend as “Tee”. Ek is 19 jaar oud en kom van Heideveld in Kaapstad. Ek bly by my ma en stiefpa en ek is die oudste van die kinders en daarom moet ek ‘n rolmodel vir die ander kinders in die gesin wees. Ek is tans ‘n eerstejaar musiek student verbonde aan die Cape Music Institute en het verlede jaar aan die Alexander Sinton Sekondêre Skool matriek geslaag.‘n Paar jaar gelede het ek gerebelleer omdat ek geboelieis en sosiaal moeilik aangepas het. Gelukkig het ek ‘n sterk gesinsondersteuningstruktuur wat nie moed opgegee het met my nie. Ek het op skool musiek as vak begin neem om my emosies vry te laat en ek het toe ook begin sing. Ek is super trots omdat ek al so ver gevorder het; veral as ek terugdink aan waar ek begin het. Ek is uiters geseënd om hierdie geleentheid te kan kry. Musiek is my passie, my uitlaatklep, my lewe... en ek sal altyd na perfeksie strewe in hierdie bedryf.

Timmy
Tristan
Tiyana - Lee