kyknet channel logo
Dis Tyd Page Bill

UIT

Rigaud

Ek kom van 'n klein dorpie, sowat 89 kilometer van die hoofstad, genaamd Rehoboth.Ek is in November 2018 as 'n regspraktisyn van die Hooggeregshof van Namibië opgeneem, so ek bly tans en werk as Junior klerk in 'n opkomende regsfirma in Windhoek.Ek het in 2008 in sing begin belangstel. Die belangstelling het eweskieklik in volle glorie in ’n obsessie verander!Ek het eers in 2010 besluit om my musiek met die publiek te deel. Ek het 'n nuwejaars voorneming gemaak, dat ek aan die volgende gebeurtenis, of dit 'n talentkompetisie of iets soortgelyks sou wees, gaan deelneem. Ek het toe ingeskryf vir 'n Rehoboth-talentkompetisie en deelgeneem. Ek het vir mense begin vertel van die kompetisie en baie was daar teen, selfs my ma. Maar hulle het alles goed bedoel. Hulle wou my die verleentheid spaar, maar teen daardie tyd het hulle my nog nooit regtig gehoor sing nie.So het die talentkompetisie aangebreek en ek het gesing! Die skare het gejuig. Ek het weggestap met ’n tweede plek, en sedertdien sing ek.

Rezah
Ruan
Rigaud