kyknet channel logo
Dis Tyd Page Bill

UIT

Rezah

Ek, Rezah Forbes, is 20 jaar oud en ‘n skerpskertser (“stand-up comedian”) van Schaapkraal. Ek het in Graad 5 vir die eerste keer tydens ‘n konsert aan die einde van die jaar voor ‘n gehoor opgetree. My gunsteling tydverdrywe tydens naweke is om met vriende uit te hang en die rekenaarspeletjie, FIFA, te speel. Ek hou ook baie daarvan om tuis na flieks te kyk en ook om sommer net te ontspan. Ek is gek oor die “Marvel” en “Avengers” flieks.My gunstelingkos is onder andere pizza, “Mac & Cheese” en tamatiebredie. Onder my gunsteling komediante en bekendes tel Emo Admas, Marc Lottering, Trevor Noah, Kevin Hart, Katt Williams enJ. Cole. Ek luister graag na “House”, hiphop”, RNB enna‘n snarsie Gqom-musiek. Ek hou baie daarvan om mense te laat glimlag of lag. Ek voel goed as ek my naaste gelukkig kan maak.My lewens leuse is "laughter is the best medicine"

Prince Ell
Rigaud
Rezah