kyknet channel logo
Dis Tyd Page Bill

UIT

Jolene

Ek is Jo'lene Slingers, wat in 1991 in ‘n musiekale gesin gebore is. Daar word vertel dat ek van ‘n baie vroeë ouderdom reeds begin sing het, maar toe ek besef het dat musiek ‘n boodskap het en dat ek daardie boodskap kan uitdra, het ek musiek en sang liefgekry. Ek was bevoorreg om musiek as vak reeds op laerskool te kon neem en ek is dankbaar dat ek dit tot in my matriekjaar kon neem. Musiek het my lewe gered met my tweede swangerskap in 2013, omdat ek voor dit ophou sing het. Dit was toe al wat ek gehad het en dit het my versterk in ‘n tyd toe ek weerloos gevoel het enek nie uitdrukking wou gee aan my emosies nie. Ek het aan verskeie geleenthede deelgeneem en het dikwels in die kerk en by skole opgetree, maar ek het dit nog nooit ervaar of die geleentheid gehad om die ervaring te hê wat ek nou tydens Maak My Famous het nie. Om te groei en onsekerhede te oorkom is iets wat niemand van my kan wegneem nie al sê hulle ook wat van my. Ek is DANKBAAR omdat ek gegroei het en myself kon vind

Jodi
Kylan
Jolene