web uni tv guide
Groen Namibie S6 SP BB
web uni tv guide

Groen: Namibië

144ReisprogramPG

seisoen

Groen Namibie S6 Poster

Oor die program

In "Groen: Namibië" sien ons hoe dinge werk by die rehabilitasiesentrum N/a'an ku sê en wat dit verg om ’n wilde dier te rehabiliteer en vry te laat in die natuur.

Renosters Skuif 1

S6 | E1
18 Januarie 20:30
'S6/E1 - Renosters Skuif 1'. Nege renosters word van Naankuse na Harnas verskuif, oor 'n afstand van ongeveer 250 kilome...

"Groen Namibië" keer terug vir ’n opwindende sesde seisoen propvol hartroerende en soms ook snaakse ervarings

News20 November 2025
"Groen Namibië" word vanaf 18 Januarie 2026 op kykNET (Dstv-kanaal 144), uitgesaai.
Groen Namibie S6 Article image

Dit het weliswaar vier jaar geneem vir hierdie gewilde natuurbewaringsreeks om weer na kykNET se skerms terug te keer, maar die wag was beslis die moeite werd.

In Namibië, sowat 42 km oos van Windhoek, veg Marlice van Vuuren en haar man, dr. Rudie van Vuuren, steeds met ’n toegewyde span onverpoos voort om die lewe vir wilde diere wat nie na hulself kan omsien nie, makliker te maak.

Marlice het op Harnas in die ooste van Namibië grootgeword, ’n veilige hawe vir diere in nood wat soortgelyk is aan die rehabilitasieskuiling N/a’an ku sê waarby sy en haar man nou betrokke is. Dit was juis Marlice se ma, Marieta van der Merwe, wat in 1978 ’n apie van ’n gewisse dood gered het en só die vlammetjie aangesteek het wat uiteindelik daartoe sou lei dat Marieta saam met haar man, Nick, die beesplaas Harnas as ’n wêreldbekende skuiling vir beseerde diere gevestig het.

Dis ongetwyfeld ’n diepgewortelde liefdestaak om diere in nood te versorg en te rehabiliteer met die oog daarop om hulle weer in die natuur vry te laat. Nie almal herstel voldoende om vrygelaat word nie, en hulle bly inwoners van N/a’an ku sê.

Die rede vir hierdie “wilde” inwoners se nuwe verblyfreëlings is uiteenlopend. Soms is hul wees gelaat nadat hul ouers dood of beseer is. Onder die permanente inwoners tel Lucky, die driebeenluiperd, wat een van sy ledemate verloor het toe hy ’n meganiese valstrik (gin trap) afgetrap het. Vir Lucky was dit inderdaad ’n geluk dat sy pad met dié van die Van Vuurens gekruis het.

Marlice en Rudie fokus nie net op eksotiese wild nie – selfs onnutsige meerkaaie en bobbejane vind hier ’n veilige hawe. Benewens die dierehospitaal is daar ook navorsingsgeriewe by N/a’an ku sê wat van onskatbare waarde vir die voortbestaan van Namibië se ryk dierelewe is.

Kykers gaan vir 13 episodes hulself kan inleef in elke situasie waarin Marlice en Rudie beland – van die stryd om renosters te hervestig en olifante te red tot ’n gestoei om seekoeie van plek en plan te laat verander. Daar is spannende situasies en roerende tonele, maar die natuur sorg ook altyd vir ’n lekker skeutjie humor, en daar is dus gereeld ook ligter oomblikke.

Groen Namibië word vanaf 18 Januarie 2026 op kykNET (Dstv-kanaal 144) uitgesaai.

Nog Programme

Hier gaan ons alweer S24 Poster

Hier Gaan Ons Alweer

17:30 | 12 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
Suidooster S10 Poster KN

Suidooster

18:00 | 12 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
Diepe waters S4 Poster

Diepe Waters

18:30 | 12 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
Binnelanders S15 Poster

Binnelanders

19:30 | 12 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
Skemergrond S2

Skemergrond

19:30 | 12 Jan
web uni tv guide
Kanaal
145
Dikker As Water

Dikker As Water

20:00 | 12 Jan
web uni tv guide
Kanaal
145
Ander dam se eende S1 Poster

Ander Dam Se Eende

21:00 | 12 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
Ek hy en jy S1 Poster

Ek, Hy En Jy

20:00 | 13 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
Hannes aan huis S13 Poster

Hannes Aan Huis

21:00 | 13 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
Overbergbewoners S1 Poster

Overbergbewoners

21:30 | 13 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
Met n huppel in die stap S21 Poster

Met 'n Huppel In Die Stap

17:30 | 14 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
Beloofde Land

Beloofde Land

20:00 | 14 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
Op My Eish!

Op My Eish!

20:00 | 15 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
Op pad met my potjie S2 Poster

Op Pad Met My Potjie

18:30 | 16 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
Mal kamper S5 Poster

Mal Kamper

18:30 | 17 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
Spooksoeker S1 Poster

Spooksoeker

19:30 | 17 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144
Koortjies

Koortjies Met Elwira Standili

19:00 | 18 Jan
web uni tv guide
Kanaal
145
Die kantoor S1 Poster

Die Kantoor

20:00 | 18 Jan
web uni tv guide
Kanaal
144