Lottoland bring weer nuwe hoop na Suid-Afrikaanse dorpe met ’n vyfde seisoen van die gewilde kykNET-reeks Lottoland Help ’n Dorp.
Lottoland het al vir 44 dorpe regoor Suid-Afrika gehelp en meer as R30 miljoen in die platteland belê. Projekspanne het hul dorpe van hoek tot kant getransformeer en gemeenskappe het nuwe trots en hoop gevind.
Nou kry ses nuwe dorpe die kans om hul droom-projekte in net agt weke te verwesenlik, met ’n begroting van R1 miljoen elk.
Skryf jou gemeenskap se projek nou in en staan ’n kans om, met die hulp van Lottoland, ’n verskil te maak.
Só skryf jy in:
- Laai die projekplan hier af: https://bit.ly/lottoland-help-n-dorp-inskrywing
- Voltooi die projekplan, of gebruik die templaat om jou eie plan te maak.
- Stuur die voltooide plan en ondersteunende dokumente na dankielottoland@gmail.com.
- Inskrywings sluit 30 Januarie 2026.
- Terme en voorwaardes geld en is op die projekplan vermeld.
