web uni tv guide
Dikker As Water
web uni tv guide

Dikker As Water

145Telenovela13 L

seisoen

Dikker As Water

Dikker As Water vertel die verhaal van ’n jong vrou wat verlief raak op ’n sjarmante man uit ’n konserwatiewe familie. Die waardes van hierdie familie bots lynreg met dié van haar moderne ma, en dit veroorsaak groot struweling tussen almal betrokke.

S1 | E1
14 Oktober 20:00
'S1/E1'. Doga voel siek tydens klas en Fatih is bekommerd. Kivilcim en Omer ontmoet mekaar wanneer Metehan betrokke raak...

Nuwe Turkse treffer-telenovela 'Dikker as Water' op pad na KIE

News15 September 2025
Dit is sedert 2022 een van die gewildste reekse op Turkse TV, en vanaf 14 Oktober is dit in Afrikaans op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) te sien.
Dikker As Water

Dié telenovela, in Turks bekend as Kızılcik Şerbeti (“bosbessie-sorbet”), se titel in Afrikaans is Dikker as water en is die boeiende verhaal van ’n jong vrou wat verlief raak op ’n sjarmante man uit ’n konserwatiewe familie. Die waardes van hierdie familie bots lynreg met dié van haar moderne ma, en dit veroorsaak groot struweling tussen almal betrokke. 

Doğa, wat studeer om ’n tandarts te word, het ’n verhouding met die aantreklike Fatih, ’n sakeman wat in sy familie se suksesvolle onderneming werk. Doğa se ma, Kıvılcım, koester groot verwagtinge vir haar dogter, maar wanneer Doğa swanger raak, keer dit ’n paar lewens op die kop. Fatih glo die swangerskap is ’n geskenk van Bo, maar Kıvılcım dink dit gaan Doğa se lewe verwoes. 

Doğa en Fatih besluit om te trou, en Kıvılcım moet vrede daarmee maak. Sy moet ook aanvaar dat haar dogter se nuwe skoonfamilie baie gelowig en erg konserwatief is, alles wat sy nié is nie. Kıvılcım glo die huwelik is van die begin af gedoem, en Doğa en Fatih besef self dat liefde dalk nie genoeg is om diep kulturele klowe te oorbrug nie. ’n Komplekse liefdesverhaal volg met twee families wat mettertyd besef dat daar wel waardes is wat hulle deel. 

Die hoofkarakters is: 

Kıvılcım (Evrim Alaysa, met Sanli Jooste as haar stem) is die bestuurder by ’n hoërskool en is vyf jaar tevore geskei van die pa van haar dogters. 

Doğa (Sila Türkoğlu, met Reze-Tiana Wessels as haar stem) is Kıvılcım se oudste dogter. Sy skop haar tandheelkunde-studies op wanneer sy swanger raak en met Fatih trou. 

Fatih (Dogukan Güngör, met Roberto Kyle as sy stem) is die seun van Abdullah en Pembe en werk vir die suksesvolle familie-onderneming. Hy word respekteer en is hardwerkend. 

Abdullah (Settar Tanrıöğen, met Jakkie Groenewald as sy stem) is hoof van die familiesaak en ’n toegewyde familieman. Hy en Pembe het benewens Fatih nog twee kinders, Mustafa en Nursema. 

Pembe (Sibel Taşçioglu, met Ilse Klink as haar stem) se man en kinders is alles in haar lewe. Hoewel haar huwelik met Abdullah ’n gereëlde huwelik was, is sy gelukkig en tevrede met haar lewenspad. 

Sönmez (Aliye Uzunatağan, met Mariëtte Engelen as haar stem) is Kıvılcım se ma en Doğa en Cimen se ouma. Sönmez woon by hulle in dieselfde huis.

Cimen (Selin Türkmen, met Anré Bouguenon as haar stem) is Kıvılcım se jongste dogter en Doğa se suster. Die twee susters het ’n hegte verhouding. 

Ömer (Barış Kılıç, met Duncan Johnson as sy stem) is Abdullah se broer. Hy is ’n suksesvolle sakeman wat die internasionale been van die familie-onderneming bestuur. Hy het onder druk met Sema getrou, en hulle het ’n seun, Metehan. Ömer probeer al drie jaar van Sema skei, maar sy weier. 

Metehan (Rahimcan Kapkap, met Reginald Hufkie as sy stem) is Ömer en Sema se seun en ’n leerling by die skool waar Kıvılcım die bestuurder is. 

Die eerste seisoen van Kızılcik Şerbeti, wat in Istanbul verfilm word, is in 2022 in Turkye uitgesaai. Die vierde seisoen het 12 September vanjaar begin. Die Engelse titel is Cranberry Sorbet

  • Dikker as water begin op Dinsdag 14 Oktober om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en sal weekliks van Maandae tot Donderdae uitgesaai word.