web uni tv guide
web uni tv guide

Skemergrond

145Telenovela13

'Skemergrond': Liefde, verliese en geheime vlam hoog op in Desember

Nuus03 Desember 2025
Skemergrond se mense beleef ’n emosioneel stormagtige Desember – van liefde wat blom tot pynlike herlewings van die verlede.
Skemergrond

Terwyl Gemoedsdrif se strate gevul is met die gees van Kersfees, word die inwoners gedwing om hul vrese, verlange en skuldgevoelens in die oë te kyk. Patty, Lukas, Ragel, Kevin en Gloria bevind hulself almal op draaipunte waar hulle keuses moet maak wat groot gevolge gaan hê.

Patty en Lukas: Van romanse tot nagmerrie

Patty en Lukas se verhouding bereik ’n hoogtepunt wanneer hulle vrede maak ná ’n tyd van onsekerheid. Hy nooi haar op ’n romantiese wegbreek, en dit lyk of geluk uiteindelik aan hul kant is. Maar toe Patty vasgebind in ’n afgeleë huis wakker word, verander haar droom skielik in ’n nagmerrie. Terwyl Ruan en sy span desperaat probeer om haar te vind, probeer Patty vergeefs om te ontsnap. Sal sy betyds gered word? En hoe het sy haarself in hierdie situasie gekry?

Gloria se afskeid en nuwe begin

Gloria se pad lei haar na ’n emosionele afskeid en nuwe insigte. Sy nader Hazel met ’n desperate versoek en word gedwing om moeilike besluite oor haar toekoms te neem. Terwyl haar vriende haar help om aan te beweeg, dra sy steeds die las van Hazel se geheim. Wanneer sy uiteindelik haar afskeidsgeleentheid hou, word sy verras deur buitengewone oomblikke – en gekonfronteer met haar verlede en haar verhouding met Kevin.

Ragel se pynlike herinneringe

Ragel probeer haar lewe herbou as die nuwe koorleier en probeer die koor voorberei vir die liedere wat hulle beplan om op Kersdag te sing, maar ou wonde trek weer oop. Seer herinneringe uit haar verlede gooi haar van balans af, en sy raak stil en teruggetrokke. Erica en Lily probeer deurdring tot haar, en teen Kersfees moet sy ’n dapper besluit neem – een wat dalk uiteindelik vir haar vrede kan bring.

’n Seisoen van keuses en tweede kanse

In Desember staan elke inwoner van Gemoedsdrif voor ’n keuse: om vas te klou aan die verlede of om nuut te begin. Dis ’n maand van emosionele hoogtepunte, dapper besluite en onverwagse omwentelinge; van intense drama en hartseer verweef met hoop.

  • Skemergrond word Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai en is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.